Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Klopp smeek ondersteuners om tuis te bly

Liverpool se afrigter, Jürgen Klopp, het ondersteuners van die nuwe Premierliga-kampioen gevra om nie die werk wat reeds gedoen is om die koronavirus in Engeland te beperk ongedaan te maak deur in groot groepe byeen te kom om hul titelsege te vier nie.

’n See van mense het Vrydag in Liverpool byeengekom om vir ’n tweede aand hul span se verowering van die Premierliga-titel te vier. Owerhede in dié stad vrees nou dat Covid-19-infeksies weer skerp kan styg. Foto: AP

Liverpool se 30 jaar lange wag om Engeland se voorste liga weer te wen, het Donderdag geëindig toe Manchester City teen Chelsea verloor en duisende ondersteuners opgeruk het na Anfield om dit te vier.

Die klub, asook die Merseyside-polisie en die stadsraad het dié “onaanvaarbare” gedrag in ’n gesamentlike verklaring veroordeel nadat groot groepe Vrydag vir die tweede agtereenvolgende aand byeengekom het. Dit het vrese laat ontstaan dat daar ’n skerp toename in Covid-19-gevalle in Liverpool kan wees.

“Vier gerus en wees bly, maar doen dit op ’n veilige manier en in private omgewings, waar daar nie die risiko kan wees dat hierdie aaklige siekte nog verder in ons gemeenskappe kan versprei nie,” het Klopp in ’n brief in die Liverpool Echo aan ondersteuners geskryf.

“As dinge anders was, sou ek niks meer geniet het as dat ons saam kon vier en ’n parade kon hê wat selfs groter sou wees as toe ons die Kampioeneliga verlede jaar verower het nie.

“Maar dit is net nie moontlik nie. Ons het almal reeds so baie gedoen om Covid-19 te beveg en daardie poging mag nie nou ongedaan gemaak word nie.”

Klopp het die ondersteuners bedank vir hul ondersteuning tydens ’n merkwaardige seisoen, waarin Liverpool ’n voorsprong van 23 punte oor City in die tweede plek, met nog sewe wedstryde oor, opgebou het.

“Ek is mal oor jul passie, jul liedere, jul weiering om nederlae te aanvaar, jul toegewydheid, dat julle die spel verstaan en die geloof in dít wat ons doen,” het die Duitser bygevoeg.

“Ek is ’n mens en jul passie is ook my passie, maar nou is dit die belangrikste dat ons nie hierdie soort byeenkomste het nie.

“Ons is dit aan die mees kwesbares in die gemeenskap verskuldig, aan die gesondheidswerkers wat soveel opgeoffer het en aan die polisie en plaaslike owerhede wat ons help as ’n klub om dit nie te doen nie.” – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Liverpool  |  Jürgen Klopp  |  Covid-19  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.