Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Betoger beseer toeskouers

Verskeie toeskouers is Dinsdagaand in Frankryk en Duitsland se Euro2020-kragmeting beseer en in die hospitaal behandel nadat ’n betoger met ’n valskerm op die Allianz-arena geland het.

Die Greenpeace-betoger land op die veld. Foto: Getty Images
Duitsland se Antonio Ruediger draf nader om te kyk of die betoger beseer is. Foto: Reuters

ABC berig Uefa, Europa se sokkerbeheerliggaam, sê “owerhede sal die nodige stappe doen” oor wat hy as ’n “roekelose en gevaarlike daad” beskryf.

Puin het op die veld en paviljoen gestort toe die Greenpeace-betoger verstrengel geraak het in die kabels van die oorhoofse kameras.

Die man het met ’n slag op die veld geland en is deur medici behandel voordat hy deur sekuriteitswagte weggelei is.

Die woorde “Kick out oil Greenpeace” was op sy valskerm geskryf.

Didier Deschamps, Frankryk se afrigter, moes uit die pad uit spring van ’n groot stuk toerusting wat naby hom neergestort het.

Uefa sê in ’n verklaring: “Hierdie selfsugtige daad – wat baie ernstige gevolge kon inhou – het beserings aan verskeie toeskouers veroorsaak en die owerhede sal die nodige stappe doen.

“Gelukkig was die aanbied van die kragmeting nie deur hierdie roekelose en gevaarlike daad beïnvloed nie, maar nietemin is verskeie mense beseer.”

Frankryk het met 1-0 geseëvier danksy Mats Hummels se eie doel in die eerste helfte.

Die betoger word deur sekuriteitswagte weggelei. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  Greenpeace  |  Euro2020  |  Valskerm  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.