Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: BLM-emosie VSA maak opslae

Die Chicago Red Star-spanmaats Julie Ertz en Casey Short het Sondag ’n emosionele omhelsing gedeel toe hulle die knie buig met die sing van die Amerikaanse volkslied voor die begin van ’n National Women’s Soccer League-wedstryd.

Julie Ertz en Casey Short (middel) deel ’n emosionele oomblik voor Sondag se National Women’s Soccer League-sokkerwedstryd in die VSA. Foto: Getty Images

USAToday berig Short het begin huil toe die spanne van Chicago en Washington Spirit op een knie afsak en sy is deur haar Amerikaanse spanmaat Ertz ondersteun.

Die spelers het ook “Black Lives Matter”-hemde voor die afskop gedra.

Die voormalige NFL-speler Colin Kaepernick het in 2016 begin kniel voor die sing van die Amerikaanse volkslied om standpunt teen rasseongelykheid in die VSA in te neem.

Megan Rapinoe, uitgesproke kaptein van die Amerikaanse vrouespan wat gekies het om nie in die toernooi te speel nie, het op sosiale media gesê: “Mal daaroor om dit te sien. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie vroue hulle stem laat hoor, aanspraak maak op ’n beter Amerika en vir swart mense en vir mense van kleur.”

Spelers van die Portland Thorns en North Carolina Courage het Saterdag voor hulle kragmeting op dieselfde wyse betoog.

Die protesaksie dra hernude gewig ná die opspraakwekkende dood van George Floyd (46), ’n swart Amerikaanse man. Hy het op 25 Mei in polisieaanhouding gesterf nadat polisielede hom in Minneapolis, Minnesota, op ’n teerstraat vasgepen en ’n polisielid sy knie vir meer as agt minute op Floyd se keel gedruk het.

Saterdag se wedstryd in Utah was die eerste keer dat ’n noemenswaardige Noord-Amerikaanse liga na die speelveld teruggekeer het sedert die begin van die Covid-19-pandemie, wat sport in Maart tot stilstand gedwing het.

Courage het met 2-1 geseëvier, terwyl Washington met 2-1 met Chicago afgereken het.

– Sportredaksie


Meer oor:  George Floyd  |  Vrouesokker  |  Vrouesport  |  Sokker  |  Megan Rapinoe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.