Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Chelsea gee Arsenal behoorlik pak

Eden Hazard het Woensdagaaand twee doele aangeteken in Chelsea se geskiedkundige wegholsege van 4-1 oor Arsenal in die eindstryd van die Uefa Europa-liga in Baku, Azerbeidjan.

Chelsea se seëvierende span nadat hulle vir Arsenal met 4-1 verlsaan het. Foto: Reuters

Chelsea het Arsenal se verdediging in die tweede helfte aan flarde geskeur en al vier hul doele in dié helfte aangeteken. Dit is Maurizio Sarri (60), afrigter, se eerste groot trofee as afrigter.

Olivier Giroud, voormalige Arsenal-held, en Spanje se angel, Pedro, het die ander twee doele aangeteken. Dit is Chelsea se derde Europese titel in sewe jaar.

Hazard, wat in 2012 by Chelsea aangesluit het, was baie emosioneel toe hy in die laaste minute sy plek tussen die plaasvervangers moes inneem. Hy het sy hande oor sy gesig gehou, terwyl die skare hom toegejuig het.

Die Belgiese middelveldspeler het aangedui dat hy aan die einde van die seisoen moontlik na Real Madrid wil skuif.

“My droom was om in die Premierliga te speel en ek het dit vir sewe jaar gedoen,” het Hazard gesê in ’n televisieonderhoud kort nadat die eindfluitjie geblaas het.

“Dalk dink ek dis tyd om te groet.

“Ons sal in die volgende paar dae besluit. My enigste doelwit was om die eindstryd te wen. Ek het my besluit reeds geneem en nou wag ek op albei klubs. Ek dink dis totsiens, maar in sokker weet mens nooit nie.”

Ná ’n verbeeldinglose eerste helfte met nie veel om oor opgewonde te raak nie, het Giroud die Blues in die 49ste minuut laat voorloop.

Hulle het 10 minute later hul voorsprong verdubbel toe Pedro sy doel aangeteken het, met die voormalige Chelsea-doelwagter Petr Cech, wat in sy laaste wedstryd voor sy uittrede gespeel het, net kon toekyk hoe die bal verby hom vlieg.

Met Arsenal met hul rug teen die muur, het die verdediger Ainsley Maitland-Niles met Giroud gebots en ’n strafskop afgestaan, wat Hazard uitgebuit het om sy span met 3-0 te laat voorloop.

Alex Iwobi het eindelik vir Arsenal teruggeslaan met sy doel, maar dit was nie lank daarna nie toe Hazard sy tweede doel aangeteken het nie.

Arsenal het nou vyf van die ses groot Europese eindstryde verloor waarin hulle betrokke was. Hul enigste titel was in 1994 toe hulle vir Parma geklop het om die Bekerwenners se Beker te wen.

Die nederlaag beteken ook dat Arsenal nie vir 2020 se Kampioeneliga gekwalifiseer het nie.

Chelsea het reeds hul plek in Europa se elite kompetisie verseker deur derde in die Premierliga se eindig. – Reuters

Meer oor:  Arsenal  |  Chelsea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.