Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: TV-soen onthul man se minnares
Uitgevang! Die paartjie besef hul intieme oomblik is regstreeks op TV. Foto: Twitter / @RGonzalezCBS

Dit het aanvanklik soos ’n tipiese romantiese oomblik op die grootskerm by ’n sportbyeenkoms gelyk, maar sake het summier in ’n nagmerrie ontaard vir ’n man wat besig was om sy vrou te verneuk.

Die Suid-Amerikaner, wat later as Deyvi Andrade geïdentifiseer is, het vinnig sy lippe en arm van die onbekende vrou weggetrek toe hy besef hy is op die grootskerm en die beeldmateriaal word regstreeks op televisie uitgesaai.

Andrade en sy metgesel sit dan verleë in hul sitplekke met ernstige uitdrukkings op hul gesig sonder om mekaar se bestaan te erken.

Metro UK berig beeldmateriaal van die soen tussen Andrade en sy minnares is opgeneem in ’n sokkerwedstryd in Ecuador tussen Barcelona SC en Delfin.

Roger Gonzales, ’n verslaggewer vir CBS Sports, het die video op Twitter gedeel en dit het soos ’n veldbrand versprei.

“Wanneer jy jou minnares soen en besef jou huwelik is verby want jy is op kamera gevang,” lui sy onderskrif.

Die video is binne ’n paar dae meer as 25 miljoen keer gekyk. Reaksie op sosiale media was aanvanklik skepties met baie mense wat die egtheid van die video bevraagteken het.

Maar dit blyk alles behalwe ’n grap te wees nadat Metro UK se ondersoek die man as Andrade geïdentifiseer het en sy profiele op Facebook en Instagram gemonitor het.

Die publikasie het boodskappe wat Andrade glo vir sy vrou geskryf het uit Spaans in Engels vertaal.

“Ek wil terugkeer om hierdie oomblikke aan jou sy te beleef my liefling, ek is regtig jammer en dit is hoekom ek in die openbaar oor hierdie nonsens kommentaar lewer, sodat ek jou hier op Instagram kan vra om my te vergewe,” skryf hy.

“Ek is so verward maar ek wil jou terughê #vergewemy #ekisliefvirjou #komterug.”

Gebruikers van sosiale media het hom nie gespaar nie en hy het die onderwerp van menige grappies geword.

Andrade het later bevestig die voorval het die einde van sy huwelik beteken.

“My huwelik is verby en ek moet net voortgaan. Ek is spyt oor wat ek gedoen het maar ek kan nie om nog vergifnis soebat nie,” sê hy.

“Julle het reeds my huwelik vernietig, wat meer wil julle hê?”

Meer oor:  Verneuk  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.