Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Klag ná speler hoender doodskop

WAARSKUWING: VIDEO KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL.

Skermgrepe uit die video waar Ivan Gazdek ’n hoender doodskop en oor ’n heining gooi.

’n Diereregtegroep in Kroasië gaan ’n strafregtelike klag indien teen ’n plaaslike sokkerspeler nadat hy verlede naweek ’n hoender doodgeskop het.

news.co.au berig die voorval het Sondag gebeur toe ’n klomp hoenders in ’n semiberoepswedstryd in die ooste van die land op die veld gehardloop het.

Ivan Gazdek van die tuisspan, NK Jelengrad, het die hoenders agternagesit, een van hulle geskop en toe summier oor ’n heining gegooi dat ’n mens net vere sien spat het.

Die 23-jarige speler het ’n rooikaart vir onsportiewe gedrag ontvang.

Die diereregtegroep Animal Friends het die voorval veroordeel.

“Dit was ’n skandelike daad en lafhartige optrede deur die speler teenoor ’n onskuldige dier wat dood is met vergruisde bene en in baie pyn,” sê die groep in ’n verklaring.

“Ons gaan ’n strafregtelike klag van marteling en die doodmaak van ’n dier teen hom aanhangig maak.”

Indien Gazdek skuldig bevind en vervolg word, kan hy tot een jaar tronkstraf ontvang.

Gazdek, wat aanvoer hy is ’n diereliefhebber wat verskeie troeteldiere besit, sê hy het die hoender nie opsetlik doodgemaak nie.

“Ek het agter die hoenders aangehardloop om hulle weg te jaag, my voet geswaai en per ongeluk een doodgeskop,” sê hy.

“Hoenders kom deurlopend op die veld en onderbreek wedstryde. Die veld is vol hoendermis, dit is onhigiënies.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Dieremishandeling  |  Ivan Gazdek  |  Diereregte  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.