Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Klopp kap United-legende Keane
Jürgen Klopp, afrigter van Liverpool. Foto: Getty Images

Liverpool se afrigter, Jürgen Klopp, het hom regstreeks uitgelaat teenoor die voormalige Manchester United-kaptein Roy Keane nadat dié Ier die verdedigende Premierliga-kampioen se oorwinning Maandag met 3-1 teen Arsenal as “slordig” beskryf het.

Liverpool het al drie sy ligawedstryde hierdie seisoen gewen deur ook met Leeds United (4-3) en Chelsea (2-0) af te reken. Hoewel Keane Klopp se span geloof het, het dié televisiekommentator gesê Liverpool het die vermoë getoon om te seëvier terwyl sy verdediging nie perfek is nie.

Taai, taaier, taaiste... Roy Keane. Foto: Getty Images

“Dit is vreemd as jy na Liverpool kyk. Hulle was slordig teen Leeds, goed gevaar teen Chelsea, weer slordig teen Arsenal, maar hulle het nege punte, maksimum punte, so hulle sal besef hulle moet verbeter,” het Keane op Sky Sports gesê ná die kragmeting.

“Dit lyk asof hulle sokkerwedstryde kan wen al is hulle nie op hulle beste nie en dit is ’n teken van ’n goeie span.”

Klopp was nie beïndruk met Keane se kommentaar nie.

“Het ek reg gehoor, dat mnr. Keane meen dit was ’n slordige oorwinning vanaand?” het dié Duitse breier gevra toe hy sy onderhoud met Sky Sports begin.

Keane het probeer om sy opmerkings te verduidelik voordat Klopp voortgegaan het: “Ek wou dit net hoor. Ek was nie seker ek het reg gehoor nie, dalk het hy van ’n ander wedstryd gepraat . . . dit kan nie hierdie wedstryd wees nie, jammer!

“Dit is ’n onaanvaarbare beskrywing van hierdie wedstryd. Dit was absoluut uitsonderlik. Niks was slordig nie, absoluut niks,” het Klopp gesê tot groot genot van Liverpool-aanhangers op sosiale media, wat vreugde geput het uit die sterk terugsteek teen ’n ou teenstander.

“Daar is niks negatief te sê oor vanaand se wedstryd nie, dit was die teenoorgestelde van slordig,” het Klopp gesê.

Keane, bekend as ’n taai speler en uitgesproke TV-analis, was effens verbaas deur Klopp se reaksie.

“Baie sensitief, genade. Kan jy jou indink as hy verloor het?” het hy gesê.

– Reuters


Meer oor:  Liverpool  |  Jürgen Klopp  |  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Roy Keane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.