Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Hugo Lloris bly Spurs se kaptein

Hugo Lloris is ondanks sy skuldigbevinding vir dronkbestuur nie die kapteinskap van die Engelse sokkerspan Tottenham Hotspur kwyt nie.

Die 31-jarige Franse doelwagter, wat sy span vroeër vanjaar na Wêreldbeker-glorie in Frankryk gelei het, is met £50 000 (nagenoeg R1 miljoen) beboet en sy bestuurderslisensie is vir 20 maande opgeskort nadat hy skuld beken het in ’n hof in Westminster.

Spurs se afrigter, Mauricio Pochettino, sê Lloris kan hom “gelukkig ag dat daar nie ernstiger nagevolge is nie”.

Hugo Lloris Woensdag buite die landdroshof in Westminster. Foto: Getty Images

“Dis ’n yslike lewensles, maar hy het die vermoë om aan te beweeg, sy les te leer en op sokker te fokus. Hy het onmiddellik geweet dat hy ’n groot fout gemaak het.”

Pochettino wys ook daarop dat Lloris om verskoning gevra het.

“Hy het dadelik sy spyt uitgespreek oor die voorval en voel nie goed daaroor nie. Enigiemand kan ’n fout maak. Hy ly en straf homself nou.”

Lloris is op 24 Augustus in Londen in hegtenis geneem toe sy Porsche die pad byster geraak en hy in die rigting van geparkeerde motors in ’n parkeerterrein geswaai en toe deur ’n rooi lig gery het. Hy was twee keer oor die wettige perk vir alkoholgebruik.

Die landdros, Amanda Barron, het gesê dit was “absolute geluk” dat voetgangers nie beseer is nie.

Pochettino het gesê Lloris sal die kapteinskap behou, maar sou dit aanvaar het as dit van hom af weggeneem is.

“Hy het vir almal om verskoning gevra en vir my gesê hy sal enige besluit aanvaar wat ek of die klub maak. Hy het skuldig gepleit en dis dit.” – bbc.com

Meer oor:  Tottenham Hotspur  |  Dronkbestuur  |  Hugo Lloris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.