SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Messi gryp sy 6de Ballon d’Or
Lionel Messi is Maandagaand vir die sesde keer as die wêreld se beste sokkerspeler vereer. Foto: Getty Images

Lionel Messi is Maandagaand in Parys met ’n rekord sesde Ballon d’Or-prys vereer om sokker se mees gesogte individuele prys voor die neus van Liverpool se Virgil van Dijk en Cristiano Ronaldo van Juventus weg te raap.

Die Argentyn, wat die La Liga-titel saam met sy klubspan, Barcelona, gewen het, maar met ’n derde plek in die Copa America-toernooi saam met sy land tevrede moes wees, het die Ballon d’Or ook in 2009, 2010, 2011, 2012 en 2015 verower.

“Ek is baie bevoorreg en geseënd. Ek hoop ek kan nog vir ’n lang tyd so aanhou. Dit gaan taai wees, maar ek het nog ’n klompie jare wat ek kan meeding. Die tyd vlieg, so ek sal sokker en my gesin geniet,” sê die 32-jarige doelvraat.

Messi en Ronaldo, wenner van vyf Ballon d’Or-pryse, het die prys tussen hulle tien jaar agtereenvolgens gewen voordat Luka Modric van Kroasië in 2018 geseëvier het.

Megan Rapinoe is met die Ballon d’Or vir vroue vereer nadat sy die VSA vroeër vanjaar in Frankryk na ’n rekord sesde Wêreldbekertitel gelei het.

Die 34-jarige middelveldspeler was afwesig by die seremonie in die Theatre du Chatelet, maar het haar toespraak in ’n videoboodskap opgeneem.

“Ek is so hartseer dat ek nie vanaand daar kan wees nie. Dit is absoluut ongelooflik en geluk aan die ander benoemdes. Ek kan nie glo ek het hierdie afdeling gewen nie; dit was ’n merkwaardige jaar,” sê sy.

Die Nederlander Matthijs de Ligt het die prys vir die beste o.21-speler verower en Alisson, een van vier Liverpool-spelers in die topsewe vir die Ballon d’Or, is met die Yashin-trofee vereer as die beste doelwagter van die jaar.

Daar was egter geen trofees vir vrouespelers in bogenoemde afdelings nie.

– Reuters

Meer oor:  Lionel Messi  |  Sokker  |  Ballon D'or  |  Megan Rapinoe  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.