Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Messi kry sy 1ste rooikaart in ’n Barca-trui

Lionel Messi het die afgelope naweek die eerste rooikaart in sy Barcelona-loopbaan gekry in sy span se nederlaag in die Spaanse Superbeker-eindstryd teen Athletic Bilbao.

Lionel Messi verlaat die veld nadat hy ’n rooikaart gekry het. Foto: Getty Images

Goal.com berig Messi, in sy 753ste verskyning vir Barca, se swaaiende arm het in die laaste sekondes van bykomende tyd kontak gemaak met Asier Villalibre se nek en agterkop. Die voorval is deur die VAR (sokker se kykweerstelsel) opgetel.

Barca het danksy doele deur Antoine Griezmann twee keer in die kragmeting voorgeloop, maar Oscar de Marcos en Villalibre, in die laaste minuut, het teruggeslaan vir Athletic om sake gelykop te maak. Inaki Williams het die wendoel aangeteken.

Die wedstryd sou onthou word as ’n uitstekende skouspel en vir Athletic se tweede trofee sedert 1985, maar dit is ontsier deur die laat drama.

Die skeidsregter het die voorval in die 120ste minuut misgekyk, maar het dit later op die VAR-skerm bestudeer en Messi afgestuur.

Die 33-jarige Argentyn is voorheen nog net twee keer afgestuur. Albei rooikaarte was vir sy nasionale span, in sy buiging teen Hongarye in 2005 en in die Copa America-uitspeelstryd om die derde en vierde plek teen Chili in 2019.

Hy loop die risiko om vir vier kragmetings geskors te word, met Superbeker-skorsings wat vir alle Spaanse liga- en bekerwedstryde geld.

Athletic, wat in die halfeindstryd met 2-1 met Real Madrid afgereken het, het vir die eerste keer sedert 1960 vir Real en Barca in agtereenvolgende kragmetings geklop.

Dit was Barca se eerste nederlaag in tien wedstryde, terwyl Messi se goeie spelpeil van vier doele in twee kragmetings en ses in vyf beëindig is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Rooikaart  |  Lionel Messi  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.