Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Mourinho se vloermoer ná slae

José Mourinho, afrigter van Manchester United se sokkerspan, het Maandag uit ’n mediakonferensie gestorm en “respek” geëis van die verslaggewers wat teenwoordig was.

Dit nadat die Red Devils Maandag op hul tuisveld met 0-3 teen Tottenham Hotspur vasgeval het.

“Ons het verlede seisoen teen Sevilla verloor en ons is uitgejou en het dit verdien. Die spelers het vandag die veld verlaat nadat ons verloor het en is toegejuig, omdat hulle dit verdien het. So ons hou aan probeer, probeer, probeer,” sê Mourinho.

“Wat was die telling?” het hy gevra en drie vingers opgehou. Wat is dié (die drie vingers) ook? Drie Premierliga-titels wat ek gewen het, wat meer is as wat die ander 19 afrigters in die liga saam gewen het. Ek het drie gewen en hulle twee. Respek, respek, respek,” sê Mourinho.

José Mourinho was die joos in vir verslaggewers nadat Manchester United teen Tottenham Hotspur verloor het. Foto: Getty Images

Die 55-jarige Portugees wat sedert 2016 aan die stuur van Manchester United is, het sy span se vertoning verdedig. Hy het aan verslaggewers gevra hulle moet besluit wat is die belangrikste: briljante sokker of resultate.

Hy het tereg daarop gewys dat sy span verlede seisoen ten spyte daarvan dat hulle gereeld gewen het, negatiewe sokker gespeel het.

United het Maandag goed in die eerste helfte vertoon, baie geleenthede geskep en moes doele aangeteken het.

Mourinho het egter sy humeur verloor toe hy aan verslaggewers vertel het hoe United se ondersteuners hulle span bly ondersteun.

“Ons het die hele week gewerk en uit ’n taktiese oogpunt het ons nie verloor nie, maar ons het wel die wedstryd verloor,” sê Mourinho.

Dit hoef nie betwyfel te word dat Mourinho hom tans op ’n moeilike plek bevind nie. Twee nederlae in drie wedstryde is United se swakste begin tot ’n seisoen sedert 1992/’93.

Mourinho het Chelsea na drie Premierliga-titels gelei; in 2004/’05, 2005/’06 en 2014/’15.

– Reuters, BBC, Sportredaksie

Meer oor:  Vloermoer  |  Chelsea  |  Jose Mourinho  |  Manchester United
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.