Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Nare besering laat Son in trane

WAARSKUWING: GRAFIESE FOTO’S BEELDMATRIAAL ONDERAAN

Tottenham Hotspur se Son Heung-min verlaat die veld. Foto: Getty Images

Die Everton-middelveldspeler Andre Gomes se ernstige besering en die Tottenham-doelskieter Son Heung-min se tranedal het hul spanne se gelykopuitslag met een elk Sondag in die Engelse Premierliga oorskadu.

Son (27) was ontroosbaar toe hy afgestuur is vir sy roekelose keerslag op die 26-jarige Portugees, met spelers van albei spanne wat duidelik ontsteld was oor die erns van die besering.

Gomes het volgens sy klub ’n fraktuur met ’n gewrig-ontwrigting aan sy regterenkel opgedoen en ondergaan Maandag ’n operasie op sy gebreekte ledemaat.

Son Heung-min kyk toe terwyl André Gomes skree van die pyn. Foto: Getty Images

Martin Atkinson, die skeidsregter, het Son met ’n rooi kaart gestraf nadat hy aanvanklik ’n geel kaart uitgehaal het. Die Suid-Koreaan het die veld in trane verlaat.

“Hy is teleurgesteld, hy is in trane,” het sy Tottenham-spanmaat Dele Alli ná die kragmeting gesê.

“Dit is nie sy skuld nie. Hy kan skaars sy kop lig, dit is hoe baie hy huil.”

Everton se afrigter, Marco Silva, kan nie sê hoe lank Gomes buite aksie sal wees nie, maar is vol vertroue die speler sal ten volle herstel.

“Ons sal André en sy gesin ten volle ondersteun,” sê Silva.

“Hy is ernstig beseer, maar ek is 100% seker André sal terugkeer as ’n sterker sokkerspeler en man, want hy is ’n fantastiese mens, ’n fantastiese beroepspeler.”

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Andre Gomes  |  Tottenham  |  Son Heung-Min  |  Everton  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.