Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Opslae oor 'kind' wat by wedstryd rook

Sosiale media het ontplof toe ’n “kind” by ’n sokkerwedstryd in Turkye ten bate van kankernavorsing en liefdadigheid op beeldmateriaal betrap is terwyl hy ’n sigaret rook.

Die vriendskaplike wedstryd tussen die gewilde klubs Fenerbache en Bursaspor is gereël om geld in te samel vir organisasies wat leukemie beveg en liefdadigheidsorganisasies wat kinders met Downsindroom en outisme ondersteun.

Maar een van die “bloedjong” toeskouers wat tydens die kragmeting op kamera vasgevang is, is toe al die tyd 36 jaar oud.

FoxSports berig die man se jeugdige voorkoms het daartoe gelei dat baie mense gedink het dat dit ’n kind is wat rook.

Mense het woedend op sosiale media gereageer voordat vasgestel is dat die roker inderdaad ’n volwassene – ’n Bursaspor-ondersteuner genaamd Cocuk – is.

Hy het die wedstryd gekyk saam met sy seun, en die twee lyk amper dieselfde ouderdom.

Cocuk se amusante verhaal gaan egter dalk nie ’n gelukkige einde hê nie, want dit is teen die wet in Turkye om in die openbaar te rook.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bursaspor  |  Sokker  |  Fenerbache
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.