Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Pogba sê nee vir Heineken
Paul Pogba van Frankryk (links) en die Duitser Toni Kroos spook om balbesit in Dinsdag se Euro2020-wedstryd in München. Foto: Getty Images

Die Franse middelveldspeler Paul Pogba het Dinsdag ’n bottel Heineken-bier, wat voor die begin van ’n nuuskonferensie voor hom geplaas is, eenkant toe geskuif.

Cristiano Ronaldo, die Portugese kaptein, het Maandag dieselfde gedoen met twee bottels Coke.

Coca-Cola en Heineken is twee van die Euro2020-sokkertoernooi se borge.

Pogba, ’n Moslem, het die bottel verwyder toe hy gaan sit het om met die media te praat nadat hy as die Speler van die Wedstryd aangewys is.

Frankryk het Duitsland met 1-0 geklop.

Ronaldo het voor ’n nuuskonferensie twee bottels Coke eenkant toe geskuif en ’n bottel water opgehou en in Portugees geskreeu “agua”. Die Portugese superster wou aanhangers daarmee aanmoedig om eerder water te drink as Coke, omdat dit gesonder is.

Portugal het Hongarye met 3-0 geklop en Ronaldo het met twee doele sy totaal in die Europese kampioenskapstoernooie tot tien opgeskuif.

• Finland speel Woensdag om 15:00 teen Rusland. Turkye en Wallis pak mekaar om 18:00 en Italië en Switserland is om 21:00 slaags. Die wedstryde word regstreeks op SuperSport se kanaal 203 uitgesaai. – Reuters; Sportredaksie

Meer oor:  Paul Pogba  |  Heineken  |  Euro2020  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.