Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Sokker skors sy nuutste byter
Spanje se Patric speel vir Lazio in die Serie A. Foto: Getty Images

Die Lazio-verdediger Patric is vir vier wedstryde geskors en met €10 000 (R192 400) beboet nadat hy ’n teenstander gebyt het.

SuperSport berig die voorval het Dinsdag in beseringstyd gebeur van Lazio se nederlaag van 1-2 teen Lecce in Italië se Serie A.

Patric (27) het genoeg gehad toe hy besef sy span se titelhoop is daarmee heen en terwyl die spelers in ’n onderonsie betrokke was, het hy die Lecce-verdediger Giulio Donati op die linkerarm gebyt.

Die liga se dissiplinêre komitee het Donderdag in sy uitspraak gemeld dat Donati nie in die voorval beseer is nie.

“Ek vra om verskoning vir my gedrag. Ek het nie helder gedink nie,” sê Patric op Instagram.

Donati het die verskoning aanvaar.

“Hierdie dinge kan onder spannende omstandighede gebeur en as jy die fout verstaan en jammer sê, word dit op die veld gelaat sonder enige kwade gevoelens,” sê hy.

Patric, ’n Spanjaard, is nie so swaar soos Luis Suárez vir soortgelyke oortredings die afgelope dekade gestraf nie.

Die doelskieter is in sy speeldae by Liverpool in 2013 vir tien wedstryde deur die Engelse Sokkervereniging geskors. Die 33-jarige Uruguaan het ook in 2014 ’n swaarder straf by Fifa gekry toe hy Italië se Giorgio Chiellini in ’n Wêreldbekerwedstryd aan die skouer gebyt het. Hy is vier maande lank uit alle sokker en nege internasionale wedstryde geskors.

Suárez is reeds drie keer weens bytery geskors, terwyl hy ook so weens rassistiese uitlatings gestraf is.

– Sportredaksie


Meer oor:  Luis Suarez  |  Lazio  |  Sokker  |  Serie A
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.