Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Lampard kry die blues teen Man United
Chelsea se nuwe afrigter Frank Lampard gee erkenning aan die Blues se ondersteuners, maar dit was maar bra somber nadat sy span met 4-0 deur Manchester United geklop is. Foto: Reuters

Die gewese Chelsea-sokkerster Frank Lampard se buiging as die Blues se nuwe afrigter in dié seisoen se Engelse Premierliga, kon Sondag kwalik swakker afgeskop het.

Chelsea is met 4-0 deur Manchester United op Old Trafford in Manchester verwoes ná doele deur Marcus Rashford (2), Anthony Martial en die 21-jarige Daniel James, wat sy debuut vir Man United gemaak het.

Man United se afrigter, Ole Gunnar Solskjaer, het ook kort voor die einde vir die 17-jarige Mason Greenwood opgestuur om sy eerste proesel sokker op hierdie vlak te kry.

Lampard, wat 429 wedstryde vir Chelsea tussen 2001 en 2014 gespeel het, kan binnekort gryshare bykry, want Chelsea is nie net sy beste speler Eden Hazard kwyt nadat hy deur Real Madrid opgeraap is nie, maar die klub is na alle waarskynlik tot in 2020 onderworpe aan Fifa se verbod op die aankoop van spelers.

Die verbod is ingestel omdat Chelsea die internasionale sokkervereniging se reëls oor die registrasie van jong spelers oortree het.

Terwyl dit ‘n nagmerrie-buiging vir Lampard was, het dit klopdisselboom vir Manchester City se afrigter, Pep Guardiola, en Liverpool se Jürgen Klopp gegaan.

Man City, verlede seisoen se kampioen, het West Ham Saterdag met 5-0 vermorsel terwyl Liverpool Vrydagaand op Anfield vir Norwich City met 4-1 getroef het.

Arsenal het Sondag ook goed begin toe hy Newcastle United met 1-0 verslaan het en Tottenham Hotspur het Aston Villa Saterdag met 3-1 geklop. – Sportredaksie en Reuters

Meer oor:  Frank Lampard  |  Chelsea  |  Manchester United  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.