Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Lampard sal nie nee sê vir Chelsea-pos’

Frank Lampard sal moeilik nee sê indien hy die pos as hoofafrigter van Chelsea aangebied word.

Frank Lampard / Foto: Getty Images

Só het Harry Redknapp, Lampard se oom, aan die BBC gesê.

Lampard, wat die afrigter van Derby County is, het baie trofeë gewen in die 13 jaar wat hy ’n speler by Chelsea was.

Hy het Derby, ’n Eersteliga-klub, in sy eerste seisoen as afrigter, tot in ’n uitklopwedstryd om promosie tot die Engelse Premierliga gevoer. Sy span het uiteindelik dié stryd teen Aston Villa verloor.

Die 40-jarige Lampard word as ’n gunsteling vir die Chelsea-pos beskou nadat dié klub se afrigter, Maurizio Sarri, besluit het om Londen te verlaat en die leisels van die Italiaanse kampioen, Juventus, te neem.

Redknapp, wat self talle Engelse Premierliga-klubs gebrei het in sy loopbaan, glo daar is ’n uitstekende kans dat Lampard die Blues gaan afrig.

“As Chelsea hom met ’n aanbod nader, sal dit bitter moeilik vir hom wees om dit van die hand te wys. Hy’s ’n ware legende by Chelsea, een van die grootste spelers in die klub se geskiedenis.

“Só ’n geleentheid mag hom dalk nie weer in die toekoms voordoen nie, so as daar nou ’n kans is, moet hy dit sterk oorweeg,” sê Redknapp.

– Reuters

Meer oor:  Frank Lampard  |  Chelsea  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.