Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Lars bied Bafana angel voor doelhok

Die lenige Lars Veldwijk is dit eens dat hy vanweë sy lengte ’n beduidende rol in Bafana Bafana se laaste en beslissende Afrikabeker-kwalifiseerder kan speel.

Lars Veldwijk/Foto: Getty Images

Die insluiting van dié Nederlandse Eredivisie-speler vir die herontmoeting met Libië Sondag in Sfax, Tunisië, het vroeër die wenkbroue laat lig.

Die afrigter, Stuart Baxter, het intussen lig gewerp op waarom hy weer – Veldwijk is in 2016 laas betrek – in die rigting van die lenige doelskieter van Sparta Rotterdam gekyk het.

Hy glo vas dié langeraat van 1,96 m kan ’n groot impak van die bank af hê.

Baxter wys daarop dis ’n enkele wedstryd, nie ’n wedstryd waarin spanbou of die ontwikkeling van die groep voorop gestel is nie.

Die situasie waarin hulle verkeer met dié laaste groepwedstryd – hulle moet wen of minstens gelykop speel – verduidelik die insluiting van Veldwijk.

Hy kan danksy sy lengte by dwarsskoppe voor die doelhok betrek word.

Ek dink my lengte sal ’n belangrike rol speel hetsy ek gevra word om in die nr. 9-trui te speel of as ek eers later opgestuur word.
Lars Veldwijk

Die 27-jarige Veldwijk is dit eens sy sterk punt kan die span tot voordeel strek.

“Ek dink my lengte sal ’n belangrike rol speel hetsy ek gevra word om in die nr. 9-trui te speel of as ek eers later opgestuur word,” sê Veldwijk.

Hy was goed op dreef in Nederland en het 17 doele in 29 wedstryde daar vir sy klubspan aangeteken.

“Dis vir my lekker om weer in die span te wees en ’n paar bekende en ook nuwe gesigte te sien.”

Hy is oortuig Bafana Bafana het wat dit verg om Sondag goed te doen.

Veldwijk kan natuurlik voor die toernooi om die Afrikabeker, wat in Junie in Egipte begin, vir homself kleim afsteek.

’n Goeie vertoning sal sy terugkeer nie tot ’n enkele wedstryd beperk nie

Veldwijk is in Uithoorn, Nederland, gebore, maar kwalifiseer om vir Bafana Bafana te speel omdat sy pa ’n Suid-Afrikaner is.

Bykomende bronne: Sport24, Safa.net

Meer oor:  Stuart ­Baxter  |  Lars Veldwijk  |  Bafana  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.