Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Gepos ná ‘kwota- swart man’-boodskap
Jens Lehmann se WhatsApp-boodskap is wyd veroordeel. Foto: Getty Images

Die voormalige Arsenal-doelwagter Jens Lehmann is as raadslid van die Duitse klub Hertha Berlin gepos nadat hy skynbaar per ongeluk ’n rassistiese WhatsApp-boodskap aan die sokkerontleder Dennis Aogo gestuur het.

Aogo werk vir Sky Duitsland. Lehmann het in aanloop tot Dinsdagaand se Kampioeneliga-halfeindstryd tussen Manchester City en Paris Saint-Germain in sy boodskap, wat waarskynlik vir iemand anders bedoel was, gevra of Aogo die uitsaaier se “kwota- swart man” is.

Aogo het ’n skermgreep van Lehmann se boodskap op Instagram gedeel met die onderskrif: “Sjoe, is jy ernstig? Hierdie boodskap was waarskynlik nie vir my bedoel nie.”

’n Skermgreep van Dennis Aogo se reaksie op Lehmann se boodskap.

Lehmann, wat 61 internasionale wedstryde vir Duitsland gespeel het, het intussen om verskoning gevra.

Dennis Aogo saam met sy vrou, Ina. Foto: Getty Images

Hy sê onder andere die voormalige Duitse verdediger Aogo is “uiters kundig, het ’n sterk teenwoordigheid en het Sky se kykertalle ’n hupstoot gegee”.

Lehmann sê: “Dit is wat ek wou sê, maar ek het dit swak uitgedruk”.

Maar Tennor Holdings, die beleggingsgroep wat Lehmann in die Bundesliga-klub Hertha se raad verteenwoordig het, sê die 51-jarige se kontrak “word summier beëindig”.

Hertha Berlin se president, Werner Gegenbauer, sê: “Sulke uitlatings stem geensins ooreen met die norme en waardes van Hertha BSC nie.

“Ons distansieer onsself van enige vorm van rassisme en verwelkom die stappe wat deur Tennor Holdings gedoen word.”

Aogo (34) het vir groot klubs soos Hamburg en Stuttgart uitgedraf en 12 keer vir Duitsland gespeel. Hy het sy sokkerstewels in Augustus gebêre.

Lehmann het 200 verskynings vir Arsenal gemaak voor sy uittrede in 2011.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sky  |  Rassisme  |  Kampioeneliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.