Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Leicester, Chelsea draai horlosie terug
Wes Morgan en Kasper Schmeichel (regs) hou Saterdag die trofee vas nadat Leicester City die FA Cup op Wembley gewen het. Hy het Chelsea met 1-0 geklop. Foto: AP

Serpe, singende ondersteuners en krete het Saterdag se verhaal reeds buite die Wembley-stadion en voor die FA Cup-eindstryd vertel: Engelse sokker se lang inperking was iets van die verlede.

Die kringloop is voltooi toe Leicester City se spelers en afrigters mekaar kinderlik ná die eindstryd teen Chelsea omhels het nadat die Foxes met 1-0 gewen het.

Dit was die eerste keer in vyf probeerslae dat Leicester dié eindstryd kon wen.

“Só ’n dag maak alles die moeite werd en as jy dít nie kan geniet nie, sal jy nooit sokker geniet nie,” het ’n Leicester-ondersteuner voor die wedstryd gesê.

Sowat 21 000 toeskouers het die wedstryd bygewoon.

Dit was die sewende eindstryd waaraan Leicester se breier, Brendan Rodgers, by betrokke was en sy spanne het al sewe gewen.

“Dit gaan nie oor my nie,” het Rodgers gesê.

“Ek was só trots op die ouens. Dit is ’n wonderlike dag vir die klub. Om die FA Cup te wen, is baie spesiaal.

“Ons het teen die Kampioeneliga-finaliste gespeel en het geweet dit sou moeilik wees.”

Chelsea was die beste span in die eerste helfte, maar Leicester se doelwagter, Kasper Schmeichel, seun van die Manchester United-legende Peter, het seker gemaak dat sy span nie ’n doel afstaan nie.

Leicester was die beste span ná rustyd en Youri Tielemans se doel in die 63ste minuut het die vreugdevure in Leicester hoog laat brand.

Rodgers het ná die wedstryd gesê die ondersteuners het ’n reuse-verskil gemaak.

“Ek is so bly vir Leicester se ondersteuners dat hulle die wedstryd kon bywoon,” het Rodgers gesê.

• In die Engelse Premierliga het Liverpool Sondagaand teruggeveg om West Bromwich Albion met 2-1 te klop. Die Reds het met dié sege hul kans aan die lewe gehou om vir volgende seisoen se Kampioeneliga te kwalifiseer.

In die naweek se ander kragmetings was Tottenham Hotspur, Crystal Palace, Leeds United en Southampton aan die wenkant nadat Manchester City Vrydagaand ’n oorwinning van 4-3 oor Newcastle United behaal het om hul nuwe status as Premierliga-kampioen stylvol te vier. – Reuters

Meer oor:  Leicester City  |  Chelsea  |  Sokker  |  Fa Cup
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.