Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Leicester City terug in derde plek
Crystal Palace se Gary Cahill (links) ding mee met Leicester City se Caglar Soyuncu in Sondag se Engelse Premierligawedstryd. Foto: Reuters

Leicester City se sokkerspan het Sondag in Londen weer tot die derde plek op die Engelse Premierliga se puntelys opgeskuif nadat hy Crystal Palace met 2-0 getroef het.

Leicester City se twee doele is deur sy Turkse doelskieter Çaglar Söyüncü (57ste minuut) en Jamie Vardy (88ste minuut) aangeteken.

Dit was Vardy se 10de doel van die seisoen en hy is die eerste speler wat dit vermag het. Dit is ook die tweede keer dat hy dit behaal het nadat hy dit ook in 2015/’16 reggekry het, toe Leicester die liga gewen het.

Dit was die Foxes se sewende oorwinning in 11 wedstryde die seisoen. Die span het netsoos Chelsea ook 23 ligapunte, maar sy positiewe doeleverskil is heelwat beter as dié van die Blues.

Liverpool (31 punte) is ná sy dramatiese doodsnikoorwinning van 2-1 oor Aston Villa steeds ses punte voor Manchester City (25), wat Bournemouth met 1-0 geklop het.

In Sondag se laat wedstryd het Everton en Tottenham Hotspur met 1-1 gelykop gespeel. – Sportredaksie, Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.