Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Leicester skok Man City met 5 doele

’n Driekuns aan doele deur Leicester City se Jamie Vardy het Manchester City Sondag in die Engelse Premierliga erg laat kleitrap nadat City lank met 1-0 voor was.

Leicester City se Jamie Vardy word deur ’n spanmaat opgetel nadat hy Sondag sy derde doel in die wedstryd in die Engelse Premierliga teen Manchester City aangeteken het. Foto: AP

Man City, wat uiteindelik ’n skoknederlaag van 2-5 gely het, was reeds in die vierde minuut voor ná ’n doel deur Riyad Mahrez. Vardy se doele in die 37ste, 54ste en 58ste minuut het die kampioenspan van twee seisoene gelede egter grond toe gebring.

Dit was die eerste keer dat Man City in 686 wedstryde vyf doele afgestaan het. Leicester is ook die eerste span wat die geskiedenis van die Premierliga drie strafdoele in een wedstryd aangeteken het.

• Tottenham Hotspur se afrigtingspan, veral José Mourinho, was briesend nadat Spurs met 1-1 teen Newcastle United gelykop gespeel het.

Lucas Moura het Spurs in die eerste helfte laat voorloop, maar ’n omstrede doel deur Callum Wilson in die sewende minuut van bykomende tyd, nadat die video-assistent-skeidsregter (VAR) ingespan is, het Spurs se vreugdevure geblus.

Die besluit om ’n strafskop aan Newcastle toe te ken, is eers ná vier minute geneem toe daar beslis is dat Newcastle se Andy Carrol se kopskoot vir Eric Dier van Spurs teen die regterarm getref het.

Daar is toe beslis dat Dier die bal met die hand gehanteer het.

• Leeds het sy tweede oorwinning behaal en tussen die boonste spanne ingeskuif toe hy Sheffield United met 1-0 geklop het. – bbcsport.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.