Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Libië kan Bafana laat bontstaan

Suid-Afrika durf Libië nie onderskat in dié spanne se geskiedkundige eerste sokkerwedstryd nie, sê Bafana Bafana se afrigter, Stuart Baxter.

Keagan Dolly is een van Bafana Bafana se spelers wat sy brood en botter oorsee verdien. Foto: Gallo Images

Dié twee spanne is volgende Saterdag in Durban in ’n kwalifiseringswedstryd vir die toernooi om die Afrikabeker slaags.

Suid-Afrika, Libië, Nigerië en die Seychelle is die vier spanne wat sake in Groep E uitspook.

Die twee voorste spanne in elke groep sal kwalifiseer vir die toernooi om die Afrikabeker, wat volgende jaar in Junie en Julie in Kameroen gespeel word.

Baxter sal so gou as moontlik vir die skouspel wil kwalifiseer. Libië is tans die groepvoorloper nadat hy die Seychelle met 5-1 verslaan het.

Stuart Baxter, afrigter van Suid-Afrika se sokkerspan. Foto: Gallo Images

Bafana Bafana het Nigerië in hul eerste groepwedstryd in Uyo met 2-0 geklop.

Baxter waarsku dat hoewel Libië nie groot name in sy geledere het nie, sy afrigter (Adel Amrouche) baie tyd saam met sy spelers deurbring vanweë die oorlog wat daar woed.

“Hulle is omtrent heeltyd in ’n oefenkamp, wat hul afrigter baie tyd saam met hulle gee.

“Ek het gesien hoe hulle Marokko goed die skrik op die lyf gejaag het,” waarsku Baxter.

Marokko het vroeër vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi in Rusland gespeel en ’n gelykop-uitslag teen Spanje behaal.

Bafana Bafana het vyf spelers wat in die buiteland speel in sy groep van 22 spelers, wat Sondag in Johannesburg saamtrek.

Hulle is Bongani Zungu (Amiens, Frankryk), Kamohelo Mokotjo (Brentford, Engeland), Keagan Dolly (Montpellier, Frankryk), Percy Tau (Royal Union, België) en Lebo Mothiba (Lille, Frankryk). – Sportredaksie, Safa.net

Suid-Afrika se groep:

Doelwagters: Itumeleng Khune (Kaizer Chiefs), Ronwen Williams (SuperSport United), Darren Keet (Wits). Verdedigers: Ramahlwe Mphahlele (Kaizer Chiefs), Motjeka Madisha (Mamelodi Sundowns), Siyanda Xulu (Maritzburg United), Innocent Maela (Orlando Pirates), Thulani Hlatshwayo, Sifiso Hlanti, Buhle Mkhwanazi (almal Wits). Middelveldspelers: Dean Furman, Teboho Mokoena (albei SuperSport United), Siphesihle Ndlovu (Maritzburg United), Hlompho Kekana, Sibusiso Vilakazi (Mamelodi Sundowns), Bongani Zungu (Amiens, Frankryk), Kamohelo Mokotjo (Brentford, Engeland)

Doelskieters: Themba Zwane (Mamelodi Sundowns), Keagan Dolly (Montpellier, France), Percy Tau (Royal Union, België), Lebo Mothiba (Lille, Frankryk), Bradley Grobler (SuperSport United). 

Meer oor:  Afrikabeker  |  Bafana Bafana  |  Sokker  |  Stuart Baxter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.