Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Lissabon se strate stil voor dié skouspel

Dit is bes moontlik die grootste sportbyeenkoms in die wêreld sedert die Covid-19-pandemie, met agt van Europa se voorste klubsokkerspanne wat oor ’n tydperk van 12 dae in die Portugese hoofstad, Lissabon, te staan gaan kom.

Die Europese Kampioeneliga-wenner word in die eindstryd op 23 Augustus gekroon.

Paris St. Germain se spelers slyp Dinsdag in Lissabon voor hul stryd teen Atalanta. Foto: Reuters

Maar terwyl miljoene kykers sal inskakel op televisie om die aksie van Woensdagaand af dop te hou, sal jy vergewe word as jy in Lissabon se strate rondloop en nie eens besef van die wêreld se voorste sokkerspelers is daar in aksie nie.

Daar is geen advertensieborde wat jou welkom heet nie en baie min bemarking is gedoen.

Daar is geen jolkolle vir ondersteuners nie, geen plakkate wat die sterspelers aankondig nie en geen volgepakte hotelle nie.

Geen toeskouers word by wedstryde toegelaat nie en selfs die media is baie beperk. Restaurante en kroeë sal nie oorloop nie.

Daar sal ook geen partytjie wees vir die mense van Lissabon nie.

Daar mag nie alkohol gebruik word in die publiek nie en restaurante sluit reeds om 23:00.

Die dra van maskers is verpligtend en die gebruik van openbare vervoer en groot byeenkomste word ontmoedig.

Selfs diegene wat net een van die groot name in wêreldsokker in die straat wil sien stap, sal teleurgesteld wees.

Die spanne leef in bio-borrels in hul hotelle en oefengeriewe.

In die hotelle het hulle private roetes na hul eie eetsale.

Met geen toeskouers om oor te bekommer nie, fokus die Portugese polisie eerder daarop om ’n veilige omgewing vir die spelers te skep as om uit te kyk vir die moeilikheidmakers.

Daar is die kans dat ondersteuners van spanne wat die eindstryd haal na Portugal mag reis eerder as om net by die huis te sit en dit op televisie dop te hou. Vanweë televisieregte het die organiseerders, UEFA, besluit om die seisoen te voltooi.

Die Euro2020-toernooi vir nasionale spanne is reeds met ’n jaar uitgestel en UEFA kon dit skaars bekostig om ook hierdie neseier prys te gee met die Kampioeneliga.

Daar is nou nie tuis- en wegwedstryde soos gewoonlik die geval is in die kwart- en halfeindstryde nie, en indien wedstryde gelykop eindig, sal bykomende speeltyd en ’n strafdoele-stryd gebruik word om ’n wenner te bepaal.

Die uitklopstryde vir die Europliga, die kompetisie een vlak laer as die Kampioeneliga, word op ’n soortgelyke grondslag in Duitsland beslis en wedstryde op die rusdae van die Kampioeneliga gespeel.

Die eerste wedstryd in die Kampioeneliga is Woensdagaand tussen Paris St. Germain van Frankryk en die Italiaanse klub Atalanta. Vrydag is daar ’n groot kragmeting tussen Bayern München en Barcelona. – Reuters

Meer oor:  Europese Kampioeneliga  |  Lissabon  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.