Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool bly bo, Gunners spoeg vuur
Callum Chambers nadat Arsenal ’n sege van 3-2 oor Aston Villa in die doodsnikke behaal het.. Foto: Reuters

Manchester City se sokkerspan het Saterdag agt doele in sy kragmeting met Watford in die Engelse Premierliga aangeteken, maar dit was steeds nie genoeg om Liverpool se voorsprong in die liga te laat krimp nie.

Dit het gevolg nadat Liverpool Sondag ’n sege van 2-1 oor Chelsea behaal het.

Liverpool het daarmee sy onoorwonne vertoningslys behou nadat Trent Alexander-Arnold en Roberto Firminho sy doele aangeteken het.

Chelsea het besit oorheers en het onder meer met 13 skote doelhoek toe gemik teenoor Liverpoool se ses, maar wat saak gemaak het, is dat Liverpool twee doele aangeteken het.

N’Golo Kante was vir Chelsea in die kol.

Chelsea se afrigter, Frank Lampard, is nou volgens die BBC die eerste afrigter wat nie ’n oorwinning is sy eerste vier tuiswedstryde kon beklink nie sedert Bobby Campbell in 1988.

* Arsenal was laat in sy wedstryd teen Aston Villa met die rug teen die muur en met 1-2 agter, maar twee doele deur Calum Chambers (81ste minuut)en Pierre-Emerick Auybemayang (84ste minuut) het aan die Gunners ’n oorwinning van 3-2 besorg.

Arsenal het boonop die ganse tweede helfte met net 10 spelers gespeel nadat Ainsley Maitland-Niles afgestuur is.

* Manchester United se treurmare het voortgeduur toe West Ham hul kragmeting met 2-0 gewen het.

* Liverpool is met 18 punte ná ses wedstryde steeds vyf punte voor Manchester City (13) gevolg Leicester City, Arsenal en West Ham (almal op 11). – Sportredaksie

Meer oor:  Frank Lampard  |  Liverpool  |  Chelsea  |  Manchester City  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.