Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Goue Liverpool dra Europese kroon
Mohamed Salah is Saterdag uit sy nate van blydskap met die Europese Kampioeneliga-trofee in sy hande.Foto: Getty Images

Liverpool se Mohamed Salah het Saterdag een van die vinnigste doele in die geskiedenis van die Europese Kampioeneliga-reeks aangeteken en só die aanvoorwerk gedoen vir die span se oorwinning van 2-0 in die eindstryd teen Tottenham Hotspur.

Die kragmeting was skaars twee minute aan die gang toe Salah van die strafkol af die agterkant van die Tottenham-net gevind het. Dié skop is toegeken nadat Moussa Sissoko in sy span se doelgebied die bal met hand hanteer het.

Die uitslag is bo alle twyfel gestel toe die Liverpool-plaasvervanger Divock Origi in die 87ste minuut die tweede doel gebêre het om aan die span sy sesde Kampioeneliga-titel te besorg.

Die wedstryd, wat in Madrid, Spanje, beslis is, het nooit aan die verwagtinge voldoen nie. Liverpool se doelwagter, Alisson Becker, het egter ’n puik vertoning gelewer en veral in die tweede helfte ’n paar Tottenham-pogings uit die hok gehou.

Liverpool het in verlede jaar se eindstryd teen Real Madrid verloor en het vanjaar gesien hoe Manchester City die Engelse Premierligatitel voor hom wegraap.

Liverpool het in verlede jaar se eindstryd teen Real Madrid verloor en het vanjaar gesien hoe Manchester City die Engelse Premierligatitel voor hom wegraap.

Salah was egter die groot held van die aand en het dié keer sy kans aangegryp. Hy is in verlede jaar se eindstryd teen Real beseer en moes die veld verlaat.

Dit was die span se Duitse afrigter, Jürgen Klopp, se eerste titel saam met Liverpool sedert hy drie en ’n half jaar gelede by die klub aangesluit het. – Reuters

Meer oor:  Mohamed Salah  |  Jurgen Klopp  |  Spanje  |  Madrid  |  Sokker  |  Liverpool  |  Tottenham Hotspur  |  Eindstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.