Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool kou klippe teen Sheffield
Lucas Digne van Everton se oortreding teen Kyle Walker-Peters van Southampton het Sondag tot ’n rooikaart gelei. Foto: Getty Images

Liverpool en Manchester City het die Engelse Premierliga die laaste paar seisoene oorheers, maar ná die eerste ses rondes van dié seisoen lyk dit of meer spanne nou ’n kans het om die pyp te rook.

Die seisoen is tot dusver gekenmerk deur swak verdediging en vreemde uitslae soos Liverpool se pak slae van 2-7 teen Aston Villa twee weke gelede.

Kenners meen die leë paviljoene en die bedrywige kalender is twee van die vernaamste redes dat die gewoonlik voorspelbare Premierliga tot dusver die seisoen soveel verrassings oplewer.

Ofskoon Liverpool (13 punte ná 6) saam met sy buurman eerste op die puntelys is, lyk die Reds tot dusver glad nie na die span wat verlede seisoen almal uit die pad gevee het nie.

Liverpool het maar klippe gekou om Sheffield United Saterdagaand met 2-1 te troef.

Manchester City (8 punte ná 5) is tans 13de op die puntelys nadat hy Saterdag met 1-1 gelykop geëindig het teen West Ham United.

Manchester United (7 punte ná 5) het nog glad nie aan die gang gekom nie en is tans 15de ná sy doellose stryd teen Chelsea op Old Trafford.

Selfs Everton, die vroeë pasaangeër, het Sondag sy rieme styfgeloop teen Southampton met 2-0.

Daar is twee wedstryde Maandag op die kalender. Brighton & Hove Albion pak West Bromwich Albion om 19:30. Dan is dit Burnley teen Tottenham Hotspur om 22:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.