Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool-legende Fowler brei nou in Oz

Robbie Fowler, gewese doelskieter van Liverpool, gaan in Australië poog om as afrigter nou ook die hoogste sport te bereik.

Die gewese Liverpool-ster Robbie Fowler is as die nuwe afrigter van die Brisbane Roar in Australië aangestel. Foto: Getty Images

Fowler, wat 183 doele in 369 wedstryde vir die Engelse sokkerklub Liverpool aangeteken het, is as die nuwe afrigter van die Brisbane Roar aangestel.

Die Roar is ’n sukkelende klub wat in Australië se topliga, die “A-League”, speel.

Die 44-jarige Fowler is vir die volgende twee seisoene gekontrakteer, hoewel hy oor min ervaring as ’n senior afrigter beskik.

Hy het voor sy uittrede as speler in 2012 as speler/afrigter vir die Thaise klub, Muangthong United, opgetree en was sedertdien ook by die Liverpool-akademie as afrigter betrokke.

Fowler glo egter nie sy gebrek aan ervaring sal teen hom tel nie. “Al het ek min ervaring, beteken dit nie noodwendig ek gaan my sleg van my taak kwyt nie. Jy kan Jürgen Klopp (Liverpool se afrigter) of Pep Guardiola (Manchester City se afrigter) hier aanstel en dis nie te sê hulle sal suksesvol aan die stuur van Brisbane wees nie.”

“Ek het ’n goeie loopbaan as speler gehad en beskou hierdie as die ware begin tot my nuwe hoofstuk as afrigter.”

Benewens sy etlike goeie vertonings vir Liverpool en Engeland oor meer as ’n dekade, sal Fowler dalk die beste onthou word vir die omstrede wyse waarop hy ’n doel in 1999 gevier het.

Fowler het ná ’n strafdoel teen Everton, Liverpool se aartsvyand, gemaak asof hy kokaïen snuif.

Dít was uit weerwraak teen Everton-aanhangers wat valse aantygings gemaak het dat hy ’n dwelmgebruiker is.

Hy het destyds hiervoor onder groot kritiek deurgeloop en moes later om verskoning vra.

– Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.