Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool-opmars duur voort

Liverpool se genadelose opmars ná sy eerste titel in die Engelse liga sedert 1990, het die naweek spoed opgetel met ’n maklike oorwinning weg teen Bournemouth, terwyl die verdedigende kampioen, Manchester City, sy rieme teen sy buurman, Manchester United, styfgeloop het.

Leicester City het sy houvas op die tweede plek op die puntelys verstewig danksy die witwarm-peil van die doelskieter Jamie Vardey.

Die groot verrassing die naweek was die uitslag in die Manchester-derby.

Marcus Rashford se doele het Manchester United se seisoen weer op koers. Foto: Getty Images

Ole Gunnar Solskjaer moes ’n week gelede nog vrae beantwoord of hy die regte man is om Manchester United te brei nadat sy span met 2-2 by die huis gelykop teen Aston Villa gespeel het.

Daardie uitslag het United op vier oorwinnings in sy eerste 14 wedstryde van die Premierliga-seisoen gelaat.

Sewe dae later en United het twee van sy belangrikste oorwinnings van die seisoen behaal. United het verlede Woensdag vir Tottenham Hotspur met 2-1 geklop op Jose Mourinho se terugkeer tot Old Trafford voor die Rooi Duiwels Saterdag hul bure met dieselfde telling geklop het.

Marcus Rashford met 13 doele het al reeds sy vorige beste doele-seisoen geëwenaar en Fred het twee van sy beste vertonings gelewer sedert hy 18 maande gelede vir 50 miljoen pond van Shakhtar Donetsk by United aangesluit het.

Die twee groot verdedigende aanwinste die afgelope afseisoen, Aaron Wan-Bissaka en Harry Maguire, het sake agter ook gestu.

Daar is egter nog baie hooi op Solskjaer se vurk. Die grootste doelwit bly steeds om weer vir die Kampioeneliga te kwalifiseer.

Liverpool se Jurgen Klopp het ná sy span se sege van 3-0 oor Bournemouth erken dat sy span se eerste wedstryd 14 probeerslae waar hy geen doel afgestaan het nie, het sy kleedkamer opgewonde gehad.

Klopp se span is ook nou oorwonne in sy laaste 33 Premierliga-wedstryde en het ’n voorsprong van 8 punte voor Leicester.

Doele deur Alex Oxlade-Chamberlain, Naby Keita en Mohamed Salah het die oorwinning verseker.

Klopp het ná die wedstryd gesê dat hy amper vergeet het hoe dit voel om nie ’n doel af te staan nie.

“Ons moet dít beslis meer gereeld doen. Dit was die oorweldigende gevoel in die kleedkamer.”

Leicester City is op sy beurt heel gelukkig om in die skadu van die groot kanonne te bly.

Leicester het Sondag vir Villa met 4-1 getroef danksy twee doele deur Vardey. Die doelskieter het nou 16 doele dié seisoen aangeteken en het nou in agt agtereenvolgende wedstryd die agterkant van die net gevind.

Leicester het ook al agt dié wedstryde gewen, maar sy breier, Brendan Rodgers, is maar versigtig om oor sy span se titelkanse te praat.

“Niemand het verwag dat ons saam met die groot honde gaan blaf nie. Ons verstaan hoekom en wil maar net hard werk en groei as ’n span,” sê Rodgers. – Sportredaksie

Meer oor:  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.