Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool sit steeds stewig op voorste plek

Liverpool het Saterdag sy greep op die voorste plek van die Premierliga verstewig met ’n naelbytsege met 4-3 oor Crystal Palace.

Paul Pogba met ’n onsuksesvolle poging om die bal in die doelhok te kry teen Brighton & Hove. Foto: Reuters

Die span van Anfield het verskeie kere in die wedstryd sweet getap met Crystal Palace wat eerste bloed geruik het toe Andros Townsend in die 34ste minuut die agterkant van die net gevind het om met 1-0 voor te loop, ’n voortou waaraan hulle tot rustyd vasgeklou het.

Sake het aansienlik meer vlam gevat ná halftyd toe Mohamed Salah sommer net né die breek sake gelykop gemaak het.

Nie lank daarna nie het Liverpool vir die eerste keer die voortou geneem toe Roberto Firmino ’n doel aangeteken het om Liverpool met 2-1 te laat voorloop.

Dit was egter nog nie neusie verby vir Crystal Palace nie, met James Tomkins wat in die 65ste minuut sake weer gelykop gemaak het.

Salah het met sy tweede in die 75ste minuut die Liverpool-getroues uit hul nate laat bars toe hy sy span met 3-2 voor gekry het, voordat Sadio Mané die sout in die wonde gevryf het om dit 4-2 te maak ná drie minute van beseringstyd.

Crystal Palace het egter die laaste sê gehad toe Max Meyer in die 95ste minuut die verdedigers geklop het om die telling 4-3 te maak.

Liverpool is steeds voor op die puntelys met 60, terwyl Manchester City, wat Sondag teen Huddersfield te staan kom, tweede is met 53 punte.

Ole Gunnar Solskjaer se droombegin as tussentydse breier van Manchester United het by Old Trafford voortgeduur toe die Rooi Duiwels vir Brighton & Hove Albion met 2-1 getroef het.

Die tuisspan het die pyp gerook danksy ’n suksesvolle strafdoel deur Paul Pogba, met Marcus Rashford wat United deurgesien het met sy doel.

Hoewel die besoekers vasgeval het, het hulle verdediging verskeie kere die tuisspan gestuit.

Arsenal het Chelsea laat les opsê in sy sege met 2-0. Alexandre Lacazette en Laurent Koscielny het albei in die eerste helfte doele behaal om aan Chelsea opdraande te gee.

Wolverhampton en Leicester City was ook in ’n opwindende doelefees gewikkel met die Wolves wat uiteindelik 4-3 gewen het danksy ’n driekuns deur die aanvaller Diogo José Teixeira da Silva, meer bekend as Jota. Ryan Bennett het sy naam ook op die wenspan se telkaart gekry.

Verder het Newcastle vir Cardiff City met 3-0 oorrompel, met Southampton wat vir Everton met 2-1 geklop het.

Daar was nie veel vir die toeskouers om oor opgewonde te raak in die stryd tussen Watford en Burnley nie, met die spanne wat die louere in ’n doellose affêre gedeel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.