Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool sorg vir eie Kersgeskenk

Liverpool het Vrydag verseker dat hulle Kersfees boaan die puntelys van die Premierliga sal deurbring nadat hulle vir Wolverhampton met 2-0 ore aangesit het.

Alex Iwobi van Arsenal vier sy doel teen Burnley met sy spanmaat Mesut Özil wat hom omhels.Foto: Getty Images

Doele deur Mohamed Salah en Virgil van Dijk het verseker dat Liverpool bo Manchester City op die puntelys is.

Jürgen Klopp se span het nog nie ’n enkele keer in hul 18 wedstryde in die liga die knie gebuig nie en spog met 15 seges en drie gelykop-uitslae.

Nog net Chelsea (2005/06) en City (verlede seisoen) het al meer as 48 punte wat Liverpool tans het, ná 18 wedstryde in die Premierliga gehad.

Hulle was dalk nie op hul stukke teen Wolves nie, maar die Reds kon maklik skeefgetrap het ná hul sege oor Manchester United verlede naweek, maar het steeds gedoen wat nodig was.

Die Wolves het egter ook nie hul kanse benut nie en hoewel hulle 11 keer na die doelhok geskiet het, was net vyf van die pogings akkuraat, maar nie een kon die binnekant van die net vind nie.

Liverpool het met 62% die meeste balbesit geniet, maar ook nie al hul geleenthede gebruik nie, met 15 pogings waarvan net ses akkuraat was.

Arsenal het sonder te veel moeite vir Burnley uit die pad gevee.

’n Doel in albei helftes deur Pierre-emerick Aubameyang en een deur Alex Iwobi in die doodsnikke het Arsenal tot ’n 3-1 sege gehelp.

Die Gunners sit in die vyfde plek op die puntelys met 37 punte ná die oorwinning en met 11 seges in hul 18 wedstryde.

Ashley Barnes het Burnley se enigste doel aangeteken toe hy in die 63ste minuut die agterkant van die net gevind het nadat Arsenal nie uit sy gevaarsone kon kom nie en die bal deur Kevin Long afgestorm is. Barnes het toe die geleentheid aangegryp.

Dit was egter te min om sy span te red.

Arsenal het met 61% van die balbesit gespog en dit op die telbord laat geld.

Burnley se dissipline het ook gelol en die span is vyf geelkaarte gewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.