Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Maandstonde dra by tot my besering’

Engeland se Arsenal-middelveldspeler Jordan Nobbs doen ’n beroep dat meer navorsing oor die verband tussen ACL (anterior cruciate ligament)-kniebeserings en menstruele siklusse gedoen word.

Engeland se onderkaptein, Jordan Nobbs. Foto: Getty Images

Nobbs (26) gaan vanjaar se Wêreldbekertoernooi misloop nadat sy haar knie in November beskadig het.

BBCSport berig sy glo haar maandstonde, wat begin het die oggend van ’n wedstryd teen Everton, het ’n “beduidende rol” in haar besering gespeel.

“Ek het tot en met my besering nie besef hoe baie vroue dieselfde oorkom tydens hul menstruele siklus nie,” sê sy.

Navorsing dui daarop dat ACL-beserings, die ernstigste soort onder knie-kwale, meer algemeen is onder vrouesportlui as mans.

’n Bydraende faktor is dat estrogeen – ’n hormoon wat vrygestel word tydens menstruasie – ’n toename van buigbaarheid in gewrigte kan veroorsaak, wat tot erger skade kan ly as sportlui ’n knie swik.

“Ek was baie moeg die week in die aanloop tot daardie wedstryd en dit was die eerste dag van my menstruele siklus,” sê die Engelse onderkaptein.

“Ek kan nie met sekerheid sê dit was die oorsaak nie, maar dit is ’n feit dat baie vroue ’n knie beseer het terwyl hulle op hul menstruele siklus was.

“Ek weet nie of dit die oorsaak was nie, maar dit was vir seker ’n bydraende faktor.”

Die Engelse sportinstituut het ’n “SmartHer”-veldtog begin wat vroue se gesondheid en ondersteuning aan sportlui prioritiseer.

“Hoeveel weet ons klubs, fisio’s en sportwetenskaplikes werklik van ons welstand wanneer ons op ons menstruele siklusse is?” sê Nobbs, wat 56 wedstryde vir haar land gespeel het.

“Daar moet meer navorsing gedoen word sodat vroue wat oefen of speel, soveel moontlik kan doen om die risiko van beserings te beperk.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Vrouesokker  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.