Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Macedoniër word Bafana se hulpafrigter

Die Belg Hugo Broos, nuwe afrigter van Bafana Bafana, het Woensdag bevestig dat Cedomir Janevski van Macedonië een van sy hulpafrigters sal wees.

Cedomir Janevski toe hy nog in België afgerig het. Foto: Getty Images

Hy moet nog ’n plaaslike afrigter as ’n tweede assistent aanwys.

Broos sê Janevski is ’n groot vriend van hom.

Hy is tans ’n afrigter in Ciprus en sal hom nadat die seisoen daar binnekort tot ’n einde kom by Broos in Suid-Afrika aansluit. Hy ken hom al baie lank en is bly die tegniese komitee van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het ingestem dat hy ’n hulpafrigter kan wees.

Hugo Broos, Bafana Bafana se nuwe afrigter. Foto: Gallo Images

Janevski (59) was voorheen onder meer by Belgiese klubs soos Brugge en Gent betrokke en is met ’n Belgiese vrou getroud.

Hy het as speler die eertydse Joego-Slawië verteenwoordig, maar toe later na Macedonië geëmigreer en toe ook vir sy aangenome land internasionaal meegeding.

Sport24 berig Broos sal Suid-Afrika se twee vriendskaplike wedstryde in Junie misloop omdat hy na België moet terugkeer vir nog ’n dosis Covid-19-entstof. – Sportredaksie

Meer oor:  Cedomir Janevski  |  Bafana Bafana  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.