Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Man City se ongelooflike prestasie

Manjifieke Manchester City het Watford Saterdag op die Wembley met 6-0 in die eindstryd van die FA Cup oorrompel om die eerste span te word wat die gesogte driekuns – die Engelse Premierligagtitel en albei plaaslike uitklop-toernooie (Ligabeker en FA Cup) – te kon wen.

Dié oorwinning ewenaar die grootste eindstrydtelling wat 116 jaar gelede aangeteken is, toe Dury vir Derby County ook met 6-0 vermorsel het.

Man City se vertoning het ’n gepaste einde gebring aan ’n verstommende seisoen vir een van die beste spanne nog in Engelse sokker.

Saterdag se oorwinning het kort op die hakke gevolg van Man City se oorwinning in die Premierliga en nadat die klub vroeër die Ligabeker voor Chelsea se neus ná ’n strafdoelestryd weggeraap het.

Manchester City vier fees nadat hy Saterdag op die Wembley die FA Cup-eindstryd teen Watford met 6-0 gewen hetFoto: Reuters

Dit was City se sesde FA Cup-triomf en die klub het die agtste span sedert Chelsea in 2010 geword wat die FA Cup en Ligabeker in een seisoen kon wen.

Raheem Sterling is aanvanklik met ’n driekuns aan doele beloon, maar Man City se eerste doel is later aan Gabriel Jesus toegeken, wat met twee doele gespog het.

Man City se ander doele is deur David Silva en Kevin de Bruyne aangeteken.

Man City het die seisoen, waarin hy 61 keer gespeel het, met 165 doele afgesluit, wat nege doele meer is sy vorige rekordgetal van 156.

“Dit was ’n ongelooflike eindstryd en ons het ’n ongelooflike jaar afgesluit. Die spelers verdien al die eer. Om 10 maande deur die onderskeie reeks te swoeg en die eerste span te wees wat dit regkry, is onbeskryfbaar,” het Man City se gevierde Spaanse afrigter, Pep Guardiola, gesê.

Vreugde vir Manchester City nadat hy Saterdag die FA Cup teen Watford gewen het.. Foto: Reuters

“Ek het hier grootgeword en het gesien hoe die stadion gebou word. Dit is ’n massiewe droom wat waar geword het,” het Sterling gesê.

* Intussen het Vincent Kompany, die Belgiese verdediger van Man City, Sondag aangekondig dat hy die klub gaan verlaat om hom as speler/afrigter by die Belgiese klub Anderlecht aan te sluit.

Manchester City se seëvierende kaptein, Vincent Kompany, vir oulaas met die FA Cup. Foto: Reuters

“Dit is my 11de seisioen in blou (Man City). Ek kan nie glo wat ek hier skryf nie, maar ... dit is ook my laaste in blou,” het City se kaptein in ’n ope brief aan sy ondersteuners op Facebook geskryf.

“Man City het my alles gegee. Hoe gereeld kry iemand die kans om so ’n belangrike hoofstuk op só ’n hoogtepunt af te sluit? Om vir ’n klub met sulke tradisie en ’n ryke geskiedenis te speel? Die tyd het nou aangebreek vir my om aan te beweeg,” het Kompany gesê. – Reuters

Meer oor:  Manchester City  |  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Fa Cup  |  Watford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.