Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Man City skrik, Arsenal uitgeboender

Die onbesonge Cheltenham Town, wat 72 plekke laer as Manchester City in die Engelse sokker-hiërargie is, was Saterdagaand binne nege minute daarvan om een van die grootste skokke in die huidige FA Cup-reeks te lewer.

Die Robins, soos die span bekend staan, speel in die vierde vlak vlak van Engelse sokker. Hulle was ná ’n uur se spel in vanjaar se vierde ronde met 1-0 voor ná ’n doel deur Alfie May.

Dit het Sondag op Stamford Bridge in die suidweste van Londen erg gesneeu voordat die FA Cup-wedstryd tussen Chelsea en Luton afgeskop het. Hier warm die spelers op voordat die sneeu opgeklaar het en die wedstryd beslis kon word. Foto: Reuters

City, wat 10 veranderings aan die span gemaak het, wat Aston Villa verlede Woensdag in die Premierliga geklop, is van rooi gesigte gespaar nadat Phil Foden City se eerste doel in die 81ste minuut aangeteken het.

Gabriel Jesus het die kroon vir Man City drie minute later met die wendoel gespan.

Die Robins keer nou terug na Cheltenham waar hulle gaan probeer om tot die Eerste Liga (die derde vlak van Engelse sokker) op te skuif, terwyl City in die vyfde ronde teen Swansea speel.

“Ek is ongelooflik trots,” het Michael Duff, Cheltenham se baas, gesê.

“Die wyse waarop hulle (City) feesgevier het nadat hulle doele aangeteken het, vertel jou iets. Hulle weet hulle was in ’n taai stryd.”

• Arsenal, die huidige houer van die trofee, was nie so gelukkig soos Man City nie en is met 1-0 deur Southampton uitgeskakel.

Dit was Southampton se eerste oorwinning in vyf probeerslae oor Arsenal in die reeks en die eerste keer sedert 1902 dat Southampton ’n huidige FA Cup-kampioenspan kon klop.

Boonop het Arsenal Sondag verneem dat hul Duitse middelveldspeler Mesut Özil ’n kontrak beklink het om vir die volgende drie en ’n halwe jaar vir die Turkse klub Fenerbahce te speel.

Özil was drie keer in Arsenal se wenspan wat die FA Cup gewen het en het 44 doele vir die Gunners in 254 wedstryde.

Die wedstryd was in die weegskaal vanweë die sneeu wat dik op die veld gelê het, maar net soos die Chelsea-stryd, het beamptes alles moontlik gedoen om die oppervlak speelbaar te maak.

Maar hy kon nie span sedert Maart 2020 haal nie, omdat hy en die afrigter, Mikel Arteta, nie langs dieselfde vuur gesit het nie.

• Die onweerswolke het Sondag ’n bietjie van Frank Lampard, Chelsea se afrigter, gewyk nadat die Blues Luton met 3-1 geklop het.

’n Driekuns aan doele deur Tammy Abraham het die sege vir Chelsea verseker.

Chelsea, wat die reeks in 2018 gewen het en in verlede jaar se eindstryd deur Arsenal geklop is, was heeltemal in beheer.

Chelsea het die vyfde ronde van die reeks die 21ste keer die afgelope 23 seisoene gehaal en speel nou teen Barnsley.

• Leicester City was Sondag met rustyd met 0-1 agter teen Brentford nadat Mads Sorenson ’n doel in die 7de minuut behaal het, maar het die krane in die tweede helfte oopgedraai en met 3-1 gewen.

Die wedstryd was in die weegskaal vanweë die sneeu wat dik op die veld gelê het, maar net soos die Chelsea-stryd, het beamptes alles moontlik gedoen om die oppervlak speelbaar te maak.

• Nadat hul onlangse Premierliga-ontmoeting 'n saai, doellose gelykop-uitslag opgelewer het, het die vonke gespat toe Manchester United en Liverpool Sondagaand op Old Trafford weer swaarde gekruis het (ook in die vierde ronde van die FA Cup-reeks).

Hierdie keer het Liverpool se Mohamed Salah sommer al in die 18de minuut al die wedstryd se eerste doel aangeteken. Die Reds se voorsprong was egter van korte duur, want Mason Greenwood het in die 26ste minuut die gelykmaker aangeteken, waarna Marcus Rashford vroeg in die tweede helfte United die voortou gegee het. 

Dit was egter nie die einde van die drama nie, met Salah wat in die 58ste minuut nog 'n keer toegeslaan het om die telling met 2-2 te laat gelyk trek, net vir Bruno Fernandes om United 20 minute later weer die voortou te gee. Liverpool kon nie vir 'n laaste kinkel in die kabel sorg nie en is met 3-2 deur hul aartsvyande uit die FA Cup geboender. – Reuters en BBCsport

Meer oor:  Sneeu  |  Chelsea  |  Manchester City  |  Engeland  |  Sokker  |  Fa Cup
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.