Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Man United, Liverpool deel die louere
Myne! Manchester United se Luke Shaw (links) en Mohamed Salah van Liverpool in Sondag se kragmeting in die Engelse Premierliga wat met 0-0 gelykop geëindig het. Foto: Reuters

Só sal Liverpool se sokkerspan maar sukkel om dié seisoen se Engelse Premierliga te wen.

Jürgen Klopp se span het Sondag op Old Trafford weliswaar met 1-elk teen Manchester United gelykop gespeel om ’n skrale voorsprong van een ligapunt bo Manchester City (65 ligapunte) op te bou.

Maar as Liverpool (66 punte) nie daarin kon slaag nie om ’n United-span te tem, wat drie van sy sterspelers (Juan Mata, Ander Herrera en Jesse Linjard) reeds in die eerste helfte vanweë beserings moes vervang nie, wag daar probleme.

Boonop was ’n vierde sterspeler, Marcus Rashford, ’n blote passasier in die eerste helfte nadat hy ook ’n besering opgedoen het, maar uitgehou het omdat United reeds al sy plaasvervangers opgestuur het.

Dan was nog ’n uitblinker, die beseerde Nemanja Matic, ook nie in die opdrafspan nie.

Liverpool het oorheers, het die meeste besit gehad, maar kon nie afrond nie en dit wek kommer.

“Dit was ’n vreemde wedstryd. Ons het baie goed begin. Al die beserings het ons ritme (ook) verbreek. United moes ’n nuwe middelveld inspan en ons het ons ritme verloor.

“Op sulke dae wanneer United geklop kan word, moet jy dit doen, maar ons het dit nie gedoen nie,” het Klopp aan die BBC gesê.

“Dit was lekker om nie te verloor nie, want dis nie van die maklikste van plekke (Old Trafford) om te speel nie. Ons het nie baie kanse gekry nie en hopenlik sal die punt baie aan die einde van die seisoen beteken. Daar is ’n lang paadjie om te stap,” het Jack Milner, een van Liverpool se veteraan-spelers, gesê.

* Arsenal (53 punte) het gekook toe hy Southampton met 2-0 geklop het. Die Gunners het nou bo United (52) in die vierde posisie opgeskuif.


Leicester City, wat Saterdag met 4-1 deur Crystal Palace geklop is, het genoeg gehad van die geploeter onder sy Franse afrigter, Claude Puel, en het hom ná 16 maande in die saal gepos.


* Leicester is 12de op die puntelys en die klub is onder groot druk nadat hy ses van sy laaste sewe wedstryde verloor, insluitende ’n nederlaag teen Newport, wat in die tweede liga speel, in die FA Cup.

* Tottenham Hotspur se titeldrome het ’n groot terugslag beleef toe hy Saterdag, ondanks die terugkeer van sy sterspeler Harry Kane, met 2-1 deur Burnley geklop is.

Spurs het sy hoop op Kane se terugkeer gevestig, maar twee doele deur Burnley se Chris Wood en Ashley Barnes, het nie net Spurs se afrigter, Mauricio Pochettino, laat oorborrel van woede nie, maar ook die span se kanse beduiwel. – bbcsport.com, skysports.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.