Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Man United moet Solskjaer as breier behou

Ole Gunnar Solskjaer het Manchester United weer op die wenpad gekry danksy sy taktiese vernuf en lang verbintenis met die klub en daarom behoort hy permanent as dié span se afrigter aangestel te word.

Dit is die mening van Ryan Giggs, ’n United-legende en die afrigter van Wallis, in ’n onderhoud met The Guardian.

Ryan Giggs en Ole Gunnar Solskjaer ’n paar jaar gelede in ’n vriendskaplike wedstryd waarin goue oues in aksie was. Foto: Getty Images

Giggs, wat 11 jaar lank Solskjaer se spanmaat in Manchester was, sê dié Noorweër het as waarnemende afrigter reeds genoeg gedoen om ’n vaste betrekking te regverdig.

Solskjaer het in Desember, in ’n waarnemende hoedanigheid, die leisels by José Mourinho geneem nadat dié veelbesproke Portugees die trekpas gekry het.

Sedertdien het die Rooi Duiwels ’n dramatiese ommekeer in spelpeil getoon en beklee hulle die vierde plek op die Premierliga-puntelys.

“Ons het vir hopeloos te lank rondgeval,” sê Giggs met verwysing na die aanstellings wat United gemaak het sedert die uittrede van sir Alex Ferguson.

“As jy iemand het wat die klub ken, wat takties skerpsinnig is en duidelik ook die spelers en die ondersteuners aan sy kant het, dan gee dit vir jou baie momentum,” sê Giggs.

“Daar gaan nog slaggate in die pad wees, maar die meeste ondersteuners kan hulle net indink wat hy (Solskjaer) sal kan doen met die baie geld wat sy voorgangers tot hul beskikking gehad het om nuwe spelers te werf.

“Hy het die spel begin bestudeer toe hy (as speler by United) ’n ernstige besering opgedoen het. Hy het daarna die klub se reserwespan afgerig. Ek het nog altyd gedink hy beskik oor die potensiaal om die hoofafrigter te word, omdat hy soveel kennis het, maar ook innerlik sterk is.”

Solskjaer se deugde sal dié week behoorlik getoets word met ’n wegwedstryd teen Chelsea (Maandag in die vyfde ronde van die FA-beker) en ’n tuiskragmeting Sondag met Liverpool (in die Premierliga). – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.