Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Manchester United trap Fulham 3-0

Manchester United het sy uitstekende peil voortgesit toe hy Fulham met 3-0 verslaan het.

Paul Pogba van Manchester United vier een van sy twee doele teen Fulham. Foto: Getty Images

Dit het die doelvraat Paul Pogba net 14 minute geneem om sy naam op die telkaart te kry en sy span se eerste doel aan te teken – en sy tiende doel van die seisoen.

Fulham, wat nog net twee seges oor die span van Old Trafford in die Premierliga kon behaal toe hulle twee keer in 2009 op hul tuisveld die pyp gerook het, was van vroeg reeds in die moeilikheid met geen antwoorde vir Manchester United se aanvallende spel nie.

Anthony Martial het enkele minute later ’n goeie lopie afgerond toe hy die agterkant van die net gevind het om te verseker dat die skrif met lemoentyd reeds aan die muur was.

Pogba het die sout verder in die wonde gevryf met sy tweede om aan die besoekers hul agtste sege in nege wedstryde te gee.

Georginio Wijnaldum van Liverpool teken sy span se tweede doel aan teen Bournemouth. Foto: Reuters

Liverpool het gewys dat hulle nog nie hul titeldrome afgeskryf het nie met ’n 3-0 sege oor Bournemouth.

Die Reds het vroeg al hul intensies duidelik gemaak met doele deur Sadio Mané en Georginio Wijnaldum wat aan die span ’n 2-0 voortou gegee het voor rustyd.

Kort ná die omdraaislag het Mohamed Salah Bournemouth se sorge erger gemaak toe hy ook sy naam onder die puntemakers gekry het.

Doele deur Alex Iwobi en Alexandre Lacazette in die eerste helfte het Arsenal tot ’n 2-1 sege oor Huddersfield gehelp.

Die Gunners sal hulself egter klap dat hulle in die 93ste minuut gehelp het dat die telling Huddersfield vlei toe Sead Kolašinac ’n eie doel aangeteken het.

Jack Stephens se poging in die 91ste minuut was net-net nie genoeg om vir Southampton te red nie.

In die Londen-derby het Crystal Palace eers laat wakker geskrik en met enkele sekondes oor vir West Ham United met 2-1 te troef.

Kenneth Zohore was sy span se held met ’n doel in die 93ste minuut om die sege deur te sien net nadat dit gelyk het of daar ’n gelykopuitslag sou wees.

Meer oor:  Paul Pogba  |  Liverpool  |  Premierliga  |  Manchester United  |  Crystal Palace
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.