
Eina! Liverpool se doelwagter, Alisson Becker, probeer vergeefs die bal uit die doelhok hou in Sondag se kragmeting met Fulham, wat met 1-0 gewen het. Foto: Reuters
Dit het Manchester United se sokkerspan slegs 101 sekondes geneem om Sondag die mat onder sy buurman Manchester City in die Engelse Premierliga te pluk.
Man United het Man City geskok toe Bruno Fernandes binne twee minute ’n strafdoel behaal het nadat Anthony Martial in die strafskop-gebied platgetrek is.
Man United het met 2-0 gewen nadat Luke Shaw kort ná rustyd sy span se tweede doel aangeteken het.
Dit was die eerste keer in 20 ligawedstryde dié seisoen dat Man City agtergeloop het en die span het nooit daarvan herstel nie.
Man City is steeds gerieflik voor op die puntelys (65 punte ná 28 wedstryde), gevolg deur Man United (54), Leicester City (53) en Chelsea (47).
Man City is steeds gerieflik voor op die puntelys (65 punte ná 28 wedstryde), gevolg deur Man United (54), Leicester City (53) en Chelsea (47).
• Liverpool het Sondag op Anfield die Reds se rekordboeke om verkeerde redes herskryf toe hy die eerste keer ses wedstryde tuis op ’n streep verloor het.
Fulham, ná ’n doel deur Mario Lemina, het ook daarvoor gesorg dat dit die langste wendroogte deur ’n kampioenspan is nadat Liverpool verlede seisoen die Engelse Premierliga gewen het.
Dit was Fulham, wat spook om nie afgeskuif te word nie, se eerste oorwinning op Anfield sedert 2012.
Die Reds, wat die ligatitel verlede seisoen met 18 punte gewen het, was vir 68 wedstryde tuis onoorwonne voordat hulle dié seisoen reeds deur Burnley, Brighton, Manchester City, Everton, Chelsea en nou Fulham geklop is.

Gaan Jürgen Klopp, Liverpool se afrigter,
Liverpool se afrigter, Jürgen Klopp, het sewe veranderinge aan die span gemaak wat Donderdag met 1-0 deur Chelsea verslaan is.
Maar dit het geen verskil gemaak nie nadat Lemina in die 45ste minuut die bal by Mohamed Salah afgeneem het voordat hy ’n doel aangeteken het.
Fulham is steeds tussen die laaste drie spanne op die puntelys op 26 punte ná 28 wedstryde en veg om oorlewing in die Premierliga.
Liverpool is sewende met 43 punte.
Oor sy span se misoeste en sy swak vertoningslys, was Klopp heel rustig.
“Dit is nie die probleem nie. Ek hoef nie altyd die beste te wees nie. Dié is ’n span van uiterstes. Ons was uiters suksesvol, maar nou het ons ’n uitsonderlike situasie waardeur ons sal veg,” het Klopp aan die BBC gesê.
• Leicester City het Saterdagaand sy kanse om vir die Kampioeneliga te kwalifiseer, ’n goeie hupstoot gegee toe Daniel Amartey ’n doodsnikdoel – sy eerste van die seisoen – aangeteken het om die Foxes met 2-1 oor Brighton te laat seëvier.
Kelechi Iheanacho het Leicester se eerste doel aangeteken nadat Adam Lallana vir Brighton se enigste doel gesorg het.
Leicester het sy onoorwonne vertoningslys weg van die huis af tot tien wedstryde gerek. – Reuters