Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Man City bederf Liverpool se dag
Sergio Agüero (voor) word deur Bernardo Silva, een van sy Manchester City-spanmaats, gelukgewens nadat hy Sondag sy span se wendoel teen Burnley aangeteken het. Foto: Reuters

Die uurglas is besig om vir Liverpool se sokkerspan leeg te loop om dié seisoen as die Engelse Premierliga se kampioen gekroon te word nadat Manchester City Sondag weer die voortou by hom geneem het.

Nadat Liverpool Vrydag sy neus tydelik voorgekry het toe hy Huddersfield met 5-0 afgeransel het, het Sergio Agüero Sondag in die 63ste minuut teen Burnley daarvoor gesorg dat Man City (92 punte) een punt voor Liverpool (91) bly.

Daar bly vir albei spanne net twee wedstryde oor: Man City speel tuis teen Leicester City en weg teen Brighton.

Liverpool pak Newcastle United (weg) en sluit af teen Wolves (tuis).

* Leicester City het Arsenal se Sondag versuur toe hy die Gunners met 3-0 geklop het.

Arsenal (66 punte) se nederlaag het beteken dat hy dalk nie ub die topvier sal eindig nie en dus nie vir die Kampioeneliga gaan kwalifiseer nie.

Jamie Vardy (2) en Youri Tielemans het doele vir Leicester aangeteken. Arsenal moes byna ’n uur lank met net tien spelers klaarkom nadat Ainsley Maitland-Niles afgestuur is.

* Manchester United en Chelsea het Sondag met 1-1 gelykop gespeel.

Dit beteken dat Chelsea (68 punte) in die vierde posisie bly, met United (65) sesde.

Juan Mata het United se doel aangeteken en Marcos Alonso was vir Chelsea in die kol – bbcsport.com

Meer oor:  Liverpool  |  Chelsea  |  Manchester City  |  Manchester United  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.