Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Manchester-derby prikkel belangstelling

’n Week gelede was daar maar min mense wat opgewonde geraak het oor Saterdag se Manchester-sokkerderby, maar ná goeie vertonings deur albei spanne gedurende die week wil ’n mens nie meer die kragmeting misloop nie.

Marcus Rashford is tans een van Manchester United se uitblinkers. Foto: Getty Images

Manchester City het skynbaar sy mojo verloor. Die span se onlangse gelykop-uitslag teen Newcastle United was maar net een van verskeie flou vertonings.

Manchester United het ook lusteloos gelyk toe hy net gelykop teen Aston Villa kon speel. Daar is toe al begin wonder of Ole Gunnar Solskjaer die regte man is om die span vorentoe te neem.

Dinsdag was City egter skielik weer City. Die span het Burnley op Turf Moor met 4-1 verniel met doelgerigte, afgeronde sokker.

Woensdag het United, met Marcus Rashford en Scott McTominay weer uitstaande, Tottenham Hotspur oortuigend verslaan.

Hoewel United 11 punte agter City op die puntelys is, is dit opmerklik dat Solskjaer se span sy beste vir die groot wedstryde spaar.

United het met Chelsea, Leicester City en Spurs afgereken en is die enigste span wat punte teen Liverpool kon verdien.

Dit was toe hy tuis met 1-1 teen die Reds gelykop gespeel het.

Jose Mourinho het toe opgemerk dat United goed toegerus is vir wedstryde waarin nie verwag word dat hy vir lang dele die botoon gaan voer nie.

“Hulle is nie bang om ’n verdedigende aanslag in te neem nie, hulle is nie bang om by die huis te speel nie, hulle neem hul tyd en het beheer oor hulle emosies. Daar is ook heelparty jongelinge met baie energie en ’n goeie gesindheid,” het hy gesê.

“Wanneer hulle besig is om wedstryde te wen, is hulle gemaklik met die situasie om die bal op die grond te keer en om in die lug te oorheers. United kan ook vinnige teenaanvalle loods.”

Verskeie spanne het egter al hierdie seisoen uitgevind dat City sy verdediging kan opskerp om enige aanvalle onskadelik te stel.

Die derby sal ’n goeie aanduiding wees of City wel besig is om sy beste peil te herwin.

Wat ook al in hierdie wedstryd gebeur, sal geen invloed op Liverpool as die punteleer-voorloper hê nie.

Die Europese kampioen, wat Everton Woensdag met 5-2 afgeslag het, behoort maklik met Bournemouth af te reken.

Bournemouth het sy laaste vier wedstryde verloor.

Leicester, wat tweede op die puntelys is, speel Sondag weg teen Aston Villa.

– Reuters

Meer oor:  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.