Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Manjifieke Manchester City!

Absoluut ongelooflik!

Dit is al woorde hoe ’n mens Manchester City se sokkerspan se vertoning in Sondag se eerste 24 minute van sy kragmeting met Chelsea kan beskryf.

Sergio Aguero van Manchester City nadat hy Sondag sy derde doel in die wedstryd in die Engelse Premierliga teen Chelsea aangeteken het. Foto: AP

City het die wedstryd met 6-0 gewen nadat hy met rustyd reeds met 4-0 voor was om weer die voortou by Liverpool in die Engelse Premierliga te neem.

Albei spanne het 65 ligapunte, maar Manchester City se doelgemiddeld is baie beter, hoewel hy een wedstryd meer as Liverpool gespeel het.

Manchester City was binne 24 minute met 4-0 voor ná doele deur Raheem Sterling, Sergio Aguero (twee) en Ilkay Gündogan.

Aguero en Sterling het albei in die tweede helfte met nog ’n doel geslaag.

Aguero se derde doel was sy 201ste doel vir Manchester City en hy is slegs die sesde speler ná Wayne Rooney en Ryan Giggs (albei Manchester United), Thiery Henry (Arsenal), Frank Lampard (Chelsea) en Steven Gerrard (Liverpool), wat meer as 200 doele by ’n enkele klub kon aanteken.

Hy het ook sy 160ste doel vir Manchester City in die Premierliga aangeteken en dit verbeter op die vorige rekord van Eric Book en Tommy Johnson (albei 158).

Wat Manchester City se vertoning nog meer merkwaardig maak, is dat Chelsea laas in 1999 teen Sunderland met rustyd met 0-4 agter geloop het.

Dis myne! Manchester City se Sergio Aguero (links) en Chelsea se Jorginho spook om besit in Sondag se Engelse Premierligawedstryd in Manchester. Foto: AP
David Luiz (links) van Chelsea en Sergio Aguero van Manchester City in Sondag se Engelse Premierligawedstryd. Aguero het drie doele aangeteken.Foto: AP

* Vroeër het Tottenham Hotspur sy aanspraak behou toe hy Leicester City met 3-1 getroef het. Spurs (60) punte) is steeds in die derde plek en net vyf punte agter die voorlopers.

Davison Sanchez, Christian Eriksen en Son Heung-min het Spurs se doele aangeteken terwyl Jamie Vardy vir Leicester met ’n enkele doel geantwoord het.

Saterdag het Liverpool tydelik weer die voortou geneem toe hy Bournemouth met 3-0 getroef het, terwyl Manchester United (vierde met 51 ligapunte) Fulham ook met 3-0 geklop het.

* Die naweek se sprokiesverhaal het aan Cardiff City behoort wat die wendoel teen Southampton in die 93ste minuut aangeteken het.

Cardiff het met 2-1 geseëvier.

Cardiff, wat steeds oor die dood van sy Argentynse aankoop Emiliano Sala rou wat sowat twee weke gelede in ’n vliegongeluk omgekom het, het weer met geel afodille (geel is die spankleur van Sala se vorige klub, Nantes in Frankryk) op hul truie gespeel ter ere van Sala.

“Ons wou dit vir Emiliano doen en ek is baie trots dat die spelers reg daaraan laat geskied het,” het Neal Warnock, afrigter van Cardiff, gesê. – bbcsport.com en skysports.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.