Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Manyama saam met Bafana na Ghana

Kaizer Chiefs se middelveldspeler Lebogang Manyama het Maandagaand saam met Bafana Bafana na Akkra, Ghana, vertrek in die plek van die beseerde Themba Zwane.

Die nasionale span het Sondag saamgetrek en het Maandagoggend sonder ’n paar van sy oorsese spelers by Sturrock Park in Johannesburg geoefen.

Lebogang Manyama. Foto: Gallo Images

Sewe van die toergroep se oorsese spelers sal hulle volgens Safa.net direk van Europa by die span in Akkra aansluit waarna ’n busrit na Cape Coast volg.

Suid-Afrika pak die Black Stars Donderdagaand daar in die eerste van sy twee kwalifiserende wedstryde in vier dae vir die Afrikabeker-toernooi.

Bafana Bafana speel Sondag (15:00) tuis in die Orlando-stadion teen Soedan in ’n hul tweede kwalifiserende wedstryd.

Manyama, wat reeds drie doele die seisoen vir Kaizer Chiefs aangeteken het, was volgens kickoff.com in November 2018 laas vir sy land in aksie. Suid-Afrika het toe teen Senegal in ’n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd gespeel.

Ghana het volgens ghanasoccernet.com aan die vooraand van die 12de kragmeting teen Suid-Afrika deurgeloop wat beserings betref.

Die middelveldspeler Mubarak Wakaso van Deportivo Alaves het Dinsdag ’n handoperasie ondergaan.

Harrison Afful van Columbus Crew kan luidens berigte dalk ook die wedstryd misloop.

SA: Doelwagters: Darren Keet (Leuven, België), Ronwen Williams (Supersport United), Ricardo Goss (Wits). Verdedigers: Erick Mathoho (Kaizer Chiefs), S’fiso Hlanti (Wits), Buhle Mkhwana (Wits), Thulani Hlatswayo (k, Wits), Thapelo Morena (Mamelodi Sundowns), Thamsanqa Mkhize (Cape Town City), Innocent Maela (Orlando Pirates), Mosa Lebusa (Mamelodi Sundowns).

Middelveldspelers: Kamohelo Mokotjo (Brentfort, (Engeland), Bongani Zunga (Amiens, Frankryk), Thato Mokeke (Cape Town City), Dean Furman (Supersport United), Lebohang Phiri (Guingamp, Frankryk), Mothobi Mvala (Highlands Park), Lebogang Manyama (Kaizer Chiefs), Thembinkosi Lorch (Orlando Pirates), Percy Tau (Brugge, België), Thulani Serero (Al Jazira, Abu Dhabi), Aubrey Modiba (Supersport United). Doelskieters: Lebo Mothiba (Strasbourg, Frankryk), Bradley Grobler (Supersport United), Kermit Erasmus (Cape Town City). – Sportredaksie

Meer oor:  Themba Zwane  |  Bafana Bafana  |  Black Stars  |  Ghana  |  Lebogang Manyama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.