Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Maradona bedank ná net 3 maande by klub

Die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona het ná minder as drie maande aan die stuur van die klub Gimnasia y Esgrima La Plata sy bedanking ingedien.

Diego Maradona skree bevele vir sy Gimnasia-spelers in ’n Argentynse Superliga-wedstryd in September. Foto: Reuters

Dié pos was Maradona se eerste in sy tuisland sedert 2010, toe hy sy nasionale span afgerig het.

Luidens ’n berig op bbc.com het Gimnasia, wat onderaan die Argentynse Superliga se puntelys was toe Maradona oorgeneem het, drie van sy laaste agt wedstryde gewen en van die 24ste tot die 22ste plek opgeskuif.

Maradona was vroeër vanjaar nog die afrigter van die Mexikaanse Tweedeliga-klub Dorados de Sinaloa, maar het dié klub in Junie weens gesondheidsprobleme verlaat.

Luidens berigte in die Argentynse media het politiek in Gimnasia se raadsale Maradona ontnugter en het hy derhalwe besluit om voortydig sy kontrak, wat tot die einde van die seisoen gestrek het, te beëindig.

Maradona, wat as speler held was van Argentinië se verowering van die Wêreldbeker in 1986, kon as afrigter nog nie dieselfde hoogtes bereik nie.

Gimnasia was die sewende span wat hy die afgelope 25 jaar afgerig het. Die langste wat hy by een span was, was die bykans drie jaar wat hy Argentinië van Oktober 2008 tot Julie 2010 gebrei het.

– Sportredaksie, bbc.com

Meer oor:  Diego Maradona  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.