Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Matildas kry nou net soveel as Socceroos

Lede van die Australiese vroue-sokkerspan gaan binnekort dieselfde as hul manlike eweknieë verdien en ook ’n gelyke verdeling van kommersiële regte in dié land kry.

Samantha Kerr, kaptein van die Australiese vrouesokkerspan, in aksie in die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Die “Socceroos”, die manspan, het nog altyd meer as die vroue-“Matildas” verdien en ’n groter sny van die kommersiële koek gekry.

Die Daily Telegraph in Sydney berig die Australiese Sokkervereniging en die spelers het in beginsel ooreengekom oor gelyke vergoeding.

Volgens ’n woordvoerder van die Spelersvereniging sal die ooreenkoms binnekort bekend gemaak word.

Die Matildas het voor vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk in ’n veldtog druk op Fifa, die wêreldbeheerliggaam, geplaas vir gelyke prysgeld in WB-toernooie.

Ongelyke salarisse tussen mans- en vroueberoepspanne is in die kollig sedert die Amerikaanse vrouespan sy beheerliggaam in Maart gedagvaar het weens geslagsdiskriminasie wat vergoeding en werktoestande betref.

Die Amerikaanse vrouespan het $4 miljoen verdien toe hy die Wêreldbeker gewen het. Die totale prysgeld van die toernooi was $30 miljoen.

In verlede jaar se WB-toernooi vir mans in Rusland het Frankryk, as die wenner, $38 miljoen ontvang uit die totale prysgeld van $400 miljoen.

* Die Amerikaanse vroue en hul beheerliggaam probeer tans hul geskille buite die hof skik. As dit nie suksesvol is nie, sal ’n hofsaak in Mei 2020 begin.

– Reuters

Meer oor:  Matildas  |  Socceroos  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.