Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Mbappé skiet tussen groot kanonne

Die jong Franse sokkerster Kylian Mbappe en die ou bekendes, Cristiano Ronaldo van Portugal en Lionel Messi van Argentinië, is op Fifa se kortlys vir sokker se Manspeler van die Jaar.

Die Franse doelskieter Kylian Mbappé. Foto: Getty Images

Ronaldo, wat dié prys die laaste twee jaar gewen het, het sy klub Real Madrid gehelp om Uefa se Kampioeneliga vir die derde seisoen agtereenvolgens te wen. Hy gaan die komende seisoen vir die Italiaanse reus Juventus uitdraf.

Messi met 34 doele was die grootste doelevraat in die Spaanse La Liga. Hy het Barcelona gehelp om dié titel vir die derde keer in die laaste vier jaar te wen.

Mbappe (19) het ’n driekuns van trofeë in Frankryk saam met Paris St. Germain gewen voordat hy ’n rits goeie vertonings vir Frankryk in die Wêreldbeker-toernooi gelewer het. Hy het ook ’n skitterende doel vir die Franse in hul oorwinning met 4-2 oor Kroasië in die eindstryd aangeteken. Hy is slegs die tweede tiener ná Pele in 1958 om ’n doel in die WB-eindstryd te bêre.

Mbappe se Franse spanmaats Antoine Griezmann en Raphael Varane se name verskyn ook op die kortlys van tien spelers.

Die Engelse verdediger Lucy Bronze is een van ses spelers van die klub Lyon op die kortlys van tien vir die Vroue-speler van die jaar, insluitend Ada Hegerberg, Saki Kumagai, Dzsenifer Marozsan en die Franse paar Amandine Henry en Wendie Renard.

Die drie finaliste in elke afdeling sal binnekort bekend gemaak word met die wenners wat op 24 September in Londen aangekondig sal word.

Benoemdes:

Manspelers: Cristiano Ronaldo (Por/Real Madrid/Juventus); Kevin de Bruyne (Belg/Manchester City); Antoine Griezmann (Fr/Atletico Madrid); Eden Hazard (Belg/Chelsea); Harry Kane (Eng/Tottenham Hotspur); Kylian Mbappé (Fr/PSG); Lionel Messi (Arg/Barcelona); Luka Modric (Kro/Real Madrid); Mohammed Salah (Egi/Liverpool); Raphael Varane (Fr/Real Madrid).

Vrouespelers: Lucy Bronze (Eng/Olympique Lyonnais); Pernille Harder (Den/VfL Wolfsburg); Ada Hegerberg (Noor/Olympique Lyonnais); Amandine Henry (Fr/Olympique Lyonnais); Samantha Kerr (Aus/Sky Blue FC/Perth Glory FC/Chicago Red Stars); Saki Kumagai (Jap/Olympique Lyonnais); Dzsenifer Marozsan (Duits/Olympique Lyonnais); Marta (Bras/Orlando Pride); Megan Rapinoe (VSA/Seattle Reign); Wendie Renard (Fr/Olympique Lyonnais). – Reuters

Meer oor:  Kylian Mbappé  |  Lionel Messi  |  Fifa  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.