Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Messi beboet oor Maradona-huldeblyk

Lionel Messi en sy klubspan, Barcelona, is met ’n gesamentlike bedrag van €780 beboet nadat dié speler Sondag im ’n wedstryd hulde aan Diego Maradona gebring het.

Lionel Messi met die trui wat hy in ’n huldeblyk aan Maradona onder sy Barcalona-trui aangehad het. Foto: Getty Images

Messi, ’n Argentyn, het tydens Barcelona se wedstryd teen Osasuna sy trui opgelig nadat hy ’n doel aangeteken het. Onder sy trui was daar ’n Newell’s Old Boys-hemp, wat aan Maradona behoort het.

Die skeidsregter het Messi summier met ’n geelkaart gestraf, maar die Argentyn se optrede is wêreldwyd geloof.

Die Spaanse Sokkerfederasie se kompetisie-komitee het Messi met €600 en sy klub met €180 beboet.

Barcelona het beswaar aangeteken, maar die komitee sê in ’n verklaring dat ’n speler volgens art. 93 van die dissiplinêre kode gestraf moet word as hy sy trui uittrek wanneer hy feesvier, dit maak nie saak wat die rede is nie.

Messi ondersteun Newell’s Old Boys en het vir die klub se junior span gespeel voor hy as 13-jarige na Barcelona verhuis het.

Hy het ook verlede Woensdag op Instagram hulde aan Maradona gebring toe sy landgenoot gesterf het.

“Hy het ons verlaat, maar Diego gaan nêrens nie, want hy is vir ewig,” het Messi geskryf.

– Reuters

Meer oor:  Diego Maradona  |  Lionel Messi  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.