Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Miljoene ondersteuners kyk vrouesokker
’n Franse toeskouer by die vrouesokkerwedstryd teen Noorweë.Foto: Reuters

Vrouesokker word ál gewilder met meer as 1,5 miljoen ondersteuners wat wedstryde in die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Frankryk gaan bywoon.

Só sê navorsing wat womensworldcupinnumbers.com gedoen het.

Daarvolgens sal 1 716 000 toeskouers die 52 wedstryde bywoon.

In die vorige toernooi in Kanada het 1,3 miljoen ondersteuners opgeruk.

Meer as 270 000 toeskouers het op die eerste ses dae wedstryde bygewoon. Amerika, die verdedigende kampioen, het reeds ’n rekord-oorwinning van 13-0 oor Thailand in Reims behaal.

Die Parc des Princes in Parys was stampvol met 45 000 toeskouers toe Frankryk verlede Donderdag in die openingswedstryd met 4-0 met Suid-Korea klaargespeel het.

Altesaam 44 doele is in die eerste 15 wedstryde behaal. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Sokker  |  Wereldbeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.