Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Minder geld vir groot sokkerligas
Uefa gaan die prysgeld vir onder meer die Kampioeneliga weens die Covid-19-pandemie verminder. Foto: Getty Images

Die prysgeld wat in die Kampioeneliga en die Europese Liga gewen kan word, sal weens die finansiële impak van die Covid-19-pandemie oor die komende vyf seisoene verminder word.

Luidens ’n berig in The Times het UEFA sy lede-verenigings ingelig dat hy £514 miljoen weens die vermindering in televisie- en borgskap inkomste verloor het.

Die twee reeks is in Maart opgeskort toe die pandemie die wêreld se sportkalender tot ’n stilstand gebring het.

Die wedstryde is eers weer in Augustus hervat toe die topligas in Europa reeds die einde van hul onderskeie seisoene bereik het.

Die uitkloprondes is toe agter geslote deure by neutrale velde beslis en daar is ook net een wedstryd, en nie ’n tuis- en ’n wegwedstryd soos gewoonlik nie, gespeel.

Verlede seisoen se vooruitsig was dat daar €1,95 miljard vir die 32 spanne in die Kampioeneliga se groepfase eenkant gesit sou word.

Volgens die verslag kan Engelse klubs verwag dat TV- en prysgeld met sowat 4% sal verminder. – Reuters

Meer oor:  Prysgeld  |  Kampioeneliga  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.