Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Minder toeskouers, hoër koste wag

’n Vermindering in stadions se kapasiteit, verbeterde ventilasiestelsels en mobiele betalingsopsies vir kaartjies en drankies is van die maatreëls wat sokkerklubs kan instel wanneer stadions in die nadraai van die Covid-19-pandemie ontwerp word.

’n Studie deur die argitekfirma Fenwick Iribarren sê die ontwerp van stadions in die toekoms sal beïnvloed word deur die pandemie en klubs sal oplossings wat sosiale distansiëring bevorder in ag moet neem.

’n Sokkertrui hang aan die geslote hek buite Goodison Park voor die Premierligawedstryd tussen Everton en Leicester City verlede week in Liverpool. Sokkerstadions in Engeland is steeds leeg met wedstryde wat agter geslote hekke beslis word weens die regering se maatreëls om die koronaviruspandemie hok te slaan. Foto: Getty Images

Om sosiale distansiëring toe te pas sal klubs óf groter venues moet ontwerp met dieselfde hoeveelheid sitplekke, óf die kapasiteit moet verminder.

Laasgenoemde is die mees waarskynlike opsie, wat sal lei tot ’n afname in inkomste op wedstryddae, het die navorsing bevind.

Outomatiese deure, aktivering van ligte deur sensors en mobiele betalingsopsies vir kaartjies en drankies is van die “kontakvrye”-opsies wat beskikbaar is. Om dit in werking te stel, sal duur wees en die koste om wedstryde aan te bied die hoogte laat inskiet.

Dit is nog nie seker of dieselfde hoeveelheid toeskouers sal terugkeer om na wedstryde te kom kyk as die menigte voor die pandemie nie.

Volgens KPMG, het Europa se topklubs ’n beraamde verlies van 15% tot 30% in wedstryddag-inkomste in die 2019-’20-veldtog gely weens tuiswedstryde wat agter geslote deure gespeel is. Indien beperkings weens die pandemie voortduur, kan verliese op lang termyn selfs nog groter wees.

“Dit is nog nie seker of dieselfde hoeveelheid toeskouers sal terugkeer om na wedstryde te kom kyk as die menigte voor die pandemie nie,” sê Andrea Sartori, KPMG se internasionale hoof van sport.

“Ondervinding wys egter dat wanneer die direkte en onmiddellike gevaar van die krisis verby is, is mense geneig om terug te keer en hul gebruiklike aktiwiteite te hervat – veral as dit hul passievolle tydverdryf is.”

Die studie het ook gekyk na die noodsaaklikheid van siftingsprosesse by stadions met die voorstel om gesigsherkenning-tegnologie te gebruik wat aan ’n gesondheidsdatabasis gekoppel is en mense wat ’n risiko inhou, kan identifiseer.

Mark Fenwick, hoof van Fenwick Iribarren, beraam dat klubs stadions se kapasiteit beduidend sal verklein om ’n redelike vlak van veiligheid te verseker.

Die Hillsborough-stadion in Sheffield, Engeland. Foto: Getty Images

“Ek onthou die groot sokkerrampe in Engeland het stadions verander. Mense het aangedring dat toeskouers sit en die kapasiteit van stadions is met 30% verminder,” sê Fenwick, met verwysing na die tragedie op 15 April 1989 in die Hillsborough-stadion in Sheffield. Altesame 96 Liverpool-ondersteuners het gesterf toe hulle in ’n oorvol staangebied agter die een doelhok in dié stadion teen die omheining doodgedruk is nadat paniek onder vasgekeerdes uitgebreek het.

“Dit is nodig om te kyk na moontlikhede om die kapasiteit te verminder, hoe die ruimtes waar toeskouers met mekaar meng, ontwerp gaan word. Maar ek dink dit is ’n volhoubare en verkoopbare uitdaging.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.